Loer in ons 28 Augustus uitgawe vir my gunstelingprodukte tans. Hier is solank ’n paar wat ek aanbeveel
Natasha van Wyk
1 LEKKER VIR DIE LYF
Met ’n kombinasie van bevogtigende plantolies is FloreEssence Body Serum ’n bederf vir droë wintervel. Dink net hoe jou lyf soet amandel-, druiwe-, sesamesaad-, makadamia-, jojobasaad- en vitamien E-olies gaan opslurp! Hier in sag en sensuele Musk. Ook beskikbaar in ander geure. R119,95, Dis-Chem
2 LEKKER RUIK!
Jeanne Arthes Musc Ambré EDP is ’n sensuele geur wat ’n warm en gerusstellende reuk skep, R99 vir 30ml, Dis-Chem
3 LANGER LOKKE
Met EasiHair Pro Tape-in Extensions hoef jy nie eeue te wag vir Raponsie-lokke nie. Die hare is 100% egte Asiatiese hare, sterk en sag. Die kleefband haarstroke kan oor en oor gebruik word. Dit hou 6-8 maande, maar jy moet elke 6-8 weke salon toe gaan sodat hulle die kleefband weer teen jou wortels kan plak soos jou hare uitgroei. Daar is drie lengtes van 29 skakerings beskikbaar. Pryse wissel van salon tot salon. Kontak 021 511 5868 easihairpro.com
KYK hier na videos met ’n paar wenke en woorde van kenners oor style vir elke dag met EasiHair Pro hare
[iframe width=”350″ height=”197″ frameborder=”0″ allowfullscreen=”” src=”https://www.youtube.com/embed/wZHGb-RcLPI?rel=0″]
[iframe width=”350″ height=”197″ frameborder=”0″ src=”https://www.youtube.com/embed/bgVFX_TGh1o?rel=0″ allowfullscreen=””]
Traci McGregor is ook ‘n aanhanger. Kyk hier wat sy te sê het
[iframe width=”350″ height=”197″ frameborder=”0″ allowfullscreen=”” src=”https://www.youtube.com/embed/xY4f90ZgCag?rel=0″]
4 Sit die vog terug in jou hare INOAR Absolut DayMoist Shampoo en Conditioner verbeter elastisiteit, bewaar kleur en glans en berei hare voor vir enige behandelings wat hoë temperature verg. Dit ruik ook besonders en laat hare sterk en gesond voel. R220 elk, inoar.co.za
5 SORG SÓ VIR JOU NAELBED
Die droë winterlug kan jou nuwe manikuur vaal laat lyk as die vel om jou naelbed krakerig en droog is. Met Essence Quick & Easy Sponge Nail Caring Oil doop jy net jou vingers een vir een in die botteltjie en vryf teen die sponsie daarbinne vir sagte vel op die punte van jou vingers, R57,95.
6 MAT EN MOOI
’n Sysagte onderlaag soos Catrice 12H Matt Mousse Make-Up is ’n gunsteling. Dit word poeieragtig droog wat enige glans vinnig onder beheer kry. R89,95
7 SLIM SONSKERM
Clarins UV Plus Anti-Pollution Day Screen Multi-Protection SPF50 beskerm nie net teen UV- strale nie, maar ook teen vrye radikale en lugbesoedeling. Dit bevat plantekstrakte met hoë antioksidant-vlakke en beveg ook tekens van veroudering. Maar die beste eienskap is dat dit kleurloos aanwend en vining geabsorbeer word, R465
8 SUPER SERUM
Rooibos is ’n natuurlike kragtige antioksidant. African Extracts Rooibos Advantage Triple Action Serum bevogtig ouer velle, maak velle ferm en sorg vir ‘n gesonder voorkoms. Gebruik dit op jou gesig en decolleté. R169,99
9 VOEDSEL VIR DIE VEL
Die nuwe Optiphi Intense Retinol Serum Concentrated Cellular Rejuvenator stimuleer sellulêre omset en bevat die suiwerste vorm van retinol. Dis ’n kragtige produk, so begin stadig – twee keer per week is genoeg. Vermeeder gebruik daarna soos nodig maar onthou, dis slegs vir gebruik saans!
Die Intense HA Serum Skin Quenching Re-Plumper bevogtig vel en skep volume wat veral hangwange help. Gerbuik dag en nag.
Gebruik hierdie twee serums gerus saam. Begin altyd eerste met waterbasis produkte (dus HA Serum in hierdie geval) en daarna die dikker, oliebasis produkte.
R1095 elk. *Intense Retinol Serum is eers van Oktober af beskikbaar
10 VIR DIE HELE GESIN
Red droë wintervelle met die Human+Kind reeks. Die produkte bevat geen chemikalieë, kleurstof of parfuum nie. Ek hou van die All-in-One Family Remedy Cream, R199,95, humankind.com
*Alle pryse is die voorgestelde verkoopprys
SOURCES
Hema Patel en verskaf