Hier is ’n voorsmakie van my gunstelingprodukte tans. Moenie ons 27 Maart-uitgawe misloop nie
Natasha van Wyk
Met boombotter en Vitamien E is Beauty Factory se Me Time Moonlight Path Hand & Nail Cream pure handbederf en ruik boonop heerlik, R37,90
2 ’n Alles-in-een-velredder
Annique DermaLift II Galvanic and Phototherapy Machine hoort op jou bedkassie. Die apparaat werk saam met jou produkte om optimale resultate te kry. Dit regenereer, herstel en beveg veroudering van die vel en het verstelbare koppe wat rooi- en blouligterapie gebruik om sellulêre aktiwiteit te stimuleer en bakterieë te beveg. Die eerste fase is om te reinig. Die tweede fase is vir velvoeding. Voltooi jou velsorgroetine met die laaste fase om die vel meer ferm te maak. Jy kan dit ook gebruik om ‘n dubbelken, selluliet, seer spiere en rekmerke te behandel.
Annique DermaLift II Galvanic and Phototherapy Machine, R2 499, www.annique.co.za
3 Kikker moeë oë op
As jy sukkel met rooiheid, donker kringe, powwerigheid en plooitjies om die oë is Eye Slices Professional Soothing & Cooling Eye Gels met Aloe Ferox iets om te probeer. Een paar kan tot tien keer gebruik word. Plaas die jels op ‘n droë gesig en druk effens teen die oë. Ontspan vir vyf minute en voilá. Besoek www.eyeslices.com vir meer inligting. Prys op aanvraag.
4 Beveg pigmentasie
Noreva Trio White Day-Time Depigmenting Care is ’n dagbehandeling- en voorkomingsproduk wat reeds bestaande velvlekke behandel en voorkom dat dit vererger. Enige vorm van sonblootstelling kan die oorsaak van pigmantasie wees. Gewone rome vir pigmentasie mag slegs saans gebruik word omdat dit retinol bevat wat vlekke sal vererger met sonblootstelling. Hierdie produk bevat nie retinol nie, maar ander bestanddele wat pigmentasie beveg. Onthou, gebruik ’n minerale sonskerm saam met enige produkte vir hiperpigmentasie! Clicks, R329,95
5 Voedsel vir die vel
Groet droë vel met Celltone Tissue Oil. Gebruik dit op rekmerke, as jy baie tyd buite deurbringof daagliks in ’n kantoor met lugverkoeling sit. ’n Velolie maak ook ‘n uitstekende nagroom of serum. R149,90
6 ’n Raam vir jou gesig
Wenkbroue vorm die raam van jou gesig. Kies en kry die regte vorm vir jou gesig met Eylure Brow Stencils Pre-Shaped Arches for Precise Shaping. Plaas die stensil op jou wenkbrou, kleur in en verwyder bloot die haartjies wat uitsteek en nie ingekleur is nie. Daar is vier style om van te kies en jy kan die stensils oor en oor gebruik. Dis-Chem, R64,99
7 Maak dit mat
Verwyder onnodige glans met ’n gesigpoeier soos L.A. Girl Ultimate Pressed Powder & Puff. Beskikbaar in 18 skakerings. Dis-Chem, R54,95
8 Teiken die plooie
Vul fyn lyne en plooie met Nip + Fab Frown Fix Instant Line Filler. Fyn lyne, veral om die mond en langs jou oë kan vinnig behandel word met hierdie tydelike oplossing. Clicks, R234,99
SOURCES
Hema Patel en verskaf