Nóg wennerprodukte vir jou om te probeer! Moenie ons 9 Januarie uitgawe misloop nie.
Natasha van Wyk
Natasha se topkeuses
2 Sellulêre werking is veral hoog wanneer jy slaap. Dus is dit die ideale tyd vir ’n serum wat dit ’n hupstoot kan gee. Beveg velvlekke met Vichy ProEVEN Night Anti-Spot Leave-On Concentrate. Gebruik dit selfs as ’n weeklikse masker. R399
3 L.A. Girl Gel Liner is ’n produk wat ek weer en weer sal koop. Die kwassie-en-potjie-duo is maklik om aan te smeer en het vele gebruike. Jy kan dun presiese strepies op jou boonste ooglid maak vir ’n meer natuurlike voorkoms, of speel met die kwassie vir ’n rokerige oog. Dis-Chem, R59,95
4 Gee jou vel ’n energie-hupstoot met Nivea Q10 Plus Anti-Wrinkle Energy Serum. Dit help veral vir vaal, moëe vel. Wend daagliks aan ’n skoongewaste gesig. R149,99
5 Elektriese gesigborsels is vir my ’n moet. Dié borseltjies maak dieper skoon en is ook ’n sagte afskilferaar. Uiteindelik is daar ’n meer bekostigbare opsie van dié op die rakke!
Olay Regenerist 3 Point Super Cleansing System kom met só ’n borsel en ’n klein gesigwas. Smeer jou gesigwas op ’n klam gesig aan, maak die borselhaartjies nat en gebruik dit in sirkelbewegings op jou gesig. Spoel dan net af. R279
6 Nip + Fab Bee Sting Fix Eye is ’n heerlike ryk oogroom wat moeë oë opkikker. Dit bevat byegif wat op jou gesigspiere werk en bloedsirkulasie verbeter om plooie en lyne uit te stryk. R335
Waarskuwing: Bly weg as jy allergies vir bysteke is!
7 Oh So Heavenly Picture Perfect Miracle Blur Primer verdoesel die sigbaarheid van groot poriëe, plooie en glans. Dit sorg vir ’n egalige, eweredige skilderdoek waarop jy maklik kan grimeer, R119,95
8 Kry sagte mat-kleur lippe met LCN Soft Matte Lip Cream in Soft Silk. ’n Heerlike lipstiffie met lekker kleur! Ook beskikbaar in Velvet Peach R175
* Alle pryse is die voorgestelde verkoopprysSOURCES
Hema Patel