Hier is ’n voorsmakie van moét-probeer lentevarsprodukkeuses
Natasha van Wyk
1 Laat jou kleur en krulle langer hou
Met sonneblomsaaduittreksel is Trevor Sorbie Colour Enhance Mask for Radiant, Long-Lasting Colour, uiters voedend vir gekleurde hare wat neig om droog te wees, R119,99
Krulkoppe kan Marc Anthony Strictly Curls Curl Defining Lotion probeer. Smeer aan klam hare en laat dit natuurlik droogword, R124,95
2 Sagte hande
Handeroom is ‘n vrou se beste vriendin. Gebruik dit so gereeld as moontlik, nie net as jou hande droog voel nie. Sorbet Balancing Hand & Nail Cream met roosmaryn, vitamien E en minerale ruik lieflik, R30
3 Perfek vir lentevel
Jonger- of probleemvelle kan nou asem skep. GR8/SKN Hydrate Light Moisturizer is deur ‘n Suid-Afrikaanse dermatoloog ontwikkel en net die ding om te gebruik wanneer jou hormone of stres verwoesting oor jou vel saai, R300, gr8skn.com
4 Naellak te kies en keur
Speel met helder naelkleur hierdie Lente. Reënboogkleure is in die kol, so moenie bang wees om een dag blou en die volgende dag pienk te dra nie. Ek hou van Inglot Nail Enamel in #992 (blou), R119, Ice Box Colors naellak in Love Hangover (pienk), R110, iceboxcolors.co.za, en Mavala Jelly Effect Collection Nail Color Pearl in Jelly Grape (pers), R65
5 Gerbuik daarna die oulike jel bolaag verseëlaar van Nail Candi. Candi Coat bolaag laat jou manikuur tot 21dae lank hou en die LED lampie vou inmekaar om te lyk soos ? botteltjie naelpolitoer. Perfek vir jou handsak, veral as jy ‘n naelkrisis het! Jy kort ook nie ‘n reinigingsvloeistof om jou naels mee af te vee nie. Nail Candi Candi Coat jel voel nie taai nadat jy dit gebak het nie, R199,99 vir die bolaag en lampie, nailcandi.co.za
6 Soenmooi lippe
Gaan vir pienk hierdie seisoen. Annique se Colour Caress Moisturising Lipstick with Chronomoist in Fuschia is die ideale kleur vir alle geleenthede. Dit lyk vars in die dag en sexy, maar gesofistikeerd saans saam met jou swart nommertjie, R129, annique.co.za
7 Luilekker haardae
’n Droë sjampoe is nie net vir dae wanneer jy nie lus is vir hare was nie. As jy sukkel met plat en lewelose lokke kan ‘n droë sjampoe soos GirlzOnly Haircare Dry Shampoo XXL Volume-Plus weer volume in jou haarstyl sit. Gebruik dit soos ‘n haarsproei – gooi jou kop ontderstebo en spuit teen jou wortels, R39,95, Dis-Chem
8 Blink vel nie meer
As jy met akneevel sukkel kan dit net erger voel in die warmer weer. Probeer Eucerin DermoPurifyer Toner. Die olievry formule is liggewig genoeg vir sensitiewe velle en die melksuur sorg dat oortollige olies vinnig geabsorbeer word.Gebruik ‘n watte en moenie jou gesig na aanwending was nie. Smeer slegs ‘n ligte gesigroom daarna aan, R109,99
9 Lyf-lieflik in die Lente
GETOETS & BEPROEF
Laat die vetjies met ’n BTL Exilis Elite-behandeling wegsmelt.
WAT IS DIT? Exilis Elite gebruik radiofrekwensie-tegnologie en hitte om vetselle te ontwrig en hul metabolisme te versnel sodat dit krimp. Terselfdertyd stimuleer dit kollageenproduksie vir velfermheid.
WAT KAN EK VERWAG? ’n Geleier (op jou rug geplak) maak seker die stroom vloei. ’n Terapeut vryf met ’n handtoestel oor die gewenste plekke. Jy sal onmiddellik warmte voel soos radiogolwe (omgeskakel na hitte-energie) die onderhuidse vetselle (ongeveer 1 cm onder die vel) penetreer.
HOEVEEL KOS DIT? Ongeveer R2 000 per uur wat ses palmgrootte-areas dek. Kenners stel 4–6 sessies, elk ’n week apart, voor. www.ageless-lasers.co.za
10 Behou jou vel se vog
’n Droë vel sukkel om vog te behou, nie ‘n verlies aan vog nie. Dus sal dit nie help om meer water te drink nie. Jy moet die oorsaak aanspreek deur ‘n vogroom te gebruik wat die bindings tussen selle versterk en só help om jou vel vogtig te hou. Probeer Placécol Moisture Hold Therapy Intense Moisture Retention, R280, placecol.com
*Alle pryse is die voorgestelde verkoopprys
SOURCES
Peter Whitfield