Help minder bevoorregte vroue en vroue met borskanker in Johannesburg.
Natasha van Wyk
Die eienaar van Simply Gorgeous Lingerie Boutique, Juliet Sutton, is tydens haar wittebrood geïnspireer om sexy onderklere in plusgroottes bekend te stel.
“Daar is ‘n wanpersepsie dat sexy onderklere net vir maer vroue is,” sê Juliet.
Nou het sy ‘n groter doel. Juliet is in vennootskap met Reach4Recovery en The Uplift Project om tweedehandse bra’s vir minderbevoorregte vroue en vroue met borskanker in te samel.
Hulle is op soek na sport-, borsvoed-, mastektomie- of gewone bra’s met of sonder draad, in groter groottes asook nagklere en kamerjasse.
“Elke vrou moet pragtig voel ongeag haar omstandighede,” sê Juliet.
Donasiebokse kan by die Simply Gorgeous-winkels in Sunninghill en Edenvale in Johannesburg gevind word. Ons het reeds ‘n donasie gemaak!
- Besoek www.simplygorgeous.co.za vir meer inligting