Hier is ’n keur moet-probeer parfuums. Ons 22 Mei uitgawe is propvol selfs meer aanloklike wintersgeure.
Natasha van Wyk
• Lees meer: 7 Parfuumfeite
1 Sitrus
Eksoties, ryk en onvergeetlik. Probeer Justine Mashari for Her EDP vir ’n mengsel van speserye, naartjie, lemoenbloeisel en jasmyn, R445 vir 50ml
2 Opwindend
Lentheric Panache Liquide Gold EDP ruik soos sonskyn. Die aardse sandalhout en bloeisel- geure is vol energie, R269,95 vir 50ml
3 Blommeruiker
Dié parfuum is effens swaerder as die oorspronklike. Waar Le Jardin perfek is vir die dag, is Le Jardin d’Amour EDT ‘n geur vir die aand, R110 vir 30ml, Foschini
4 Wegraak
Betree ’n droomwêrld vol geure van Moheil ilang en Indiese jasmyn van Avon Far Away Gold EDP. www.avon.co.za, R370 vir 50ml
5 Ou Gunsteling
Dié Oosterse Gourmand geur van vanielje is nou al ’n ikoon. Hervul jou Thierry Mugler Angel EDP bottel by The Source, ’n parfuum fontuin slegs in sekere winkels. Of koop ’n Refill Bottle en giet self oor na jou parfuum bottel tuis. Refillable Bottle, R995 vir 50ml, Refill Bottle, R795 vir 50ml Refill from The Source, R675 vir 50ml.
6 Sexy
Hierdie intense en vroulike geur is aanloklik en geheimsinnig, Revlon Tantalize EDT, R250 vir 50ml
7 Vars
’n Lieflike geur vir elke dag. Avon True Life for Her EDT kombineer roos- en pioenroos met rooibessies en muskus, R250 vir 50ml
8 Glansryk
’n Ryk, gesofistikeerde blommegeur. Avroy Shlain Coppélia EDP laat ’n fyn poeierreuk agter. R449 vir 60ml
9 Blommegeure
Justine Cantare EDP ruik na bergamot, lemoenbloeisel en ilang ilang, R445 vir 50ml
10 Romanties
So soet en onskuldig soos eerste liefde, Jeanne Arthes Paris You & Me EDP ruik na sitrus, rose en vanielje , R139,95 vir 100ml, Dis-Chem
11 Soet
’n Prettige geur van peer, vanielje en katjiepiering, Victoria’s Secret Noir Tease EDP, R689 vir 50ml
12 Warm
Jy ruik dadelik die muskus en vanielje in Revlon se Fire & Ice Classic Cologne Spray, R250 vir 50ml
*Alle pryse is die voorgestelde verkoopprys
SOURCES
Hema Patel