Die nuutste It-handsak is hier en dis pragtig. Skandinawiese HVRMNNSN het hul tote-bag bekend gestel: skoon lyne, eenvoudigheid, organiese leer en perfek gestruktureerd om ‘n leeftyd te hou.
Die sak word handgemaak by ‘n Sweedse looiery, ‘n familiebedryf, wat ook al met Louis Vuitton en Hèrmes gewerk het.
Die leer is plaaslik verkry van boere in die omgewing en is ‘n byproduk van die plaaslike vleisbedryf.
Dit is beslis ‘n indrukstuk dié, maar jy gaan moet uithaal en wys vir hierdie een. Jy kan aanlyn bestel by www.hvrmnnsn.com vir €1 590 plus VAT/belasting teen plaaslike koers, maar pos is ingesluit.