Natasha Van Wyk
Goeie naelsorg is ‘n moet. Lees ons 26 Februarie uitgawe vir uitstekende wenke en produkte. Hier is nog van ons gunstelinge!
Hou jou naels sterk en gesond
1 Met Mavala se 2-stap Nail Shield, R269,kan jy swak naels versterk en beskerm. Verf eers die Nylon Fibre Base op en daarna die Protective Sealer. Jou naels sal sterker en langer groei.
2 Raak ontslae van gesplete en gebreekte naels met Sally Hansen Triple Strong Advanced Gel Nail Fortifier, R79,95. Die 3-in-1 jel formule maak naels mooi hard. Verf twee lae elke derde dag aan. Jy kan dit net so gebruik of onder naellak.
3 Essence Studio Nails Triple Care, R34,95,is geformuleer met vitamien E en gliserien. Dit beskerm die oppervlak van jou nael gedurende daaglikse aktiwiteite.
Skep vorm só
4 Maak die punt van die Mavala Hoofstick, R84,klam en druk jou naelbed terug. Beweeg in klein sirkels om die beste resultate te kry.
5 Knip los velletjies en die dooie naelbed met Studio Basics se Cuticle Nipper, R89,95,af. Wees versigtig en moet nie té naby aan die vel afsny nie. Vee altyd jou skêrtjie mooi af na gebruik.
6 Vyl jou naels in die gewenste vorm, maak mooi glad en skuur af met Studio Basics se 3 Way Curved Buffer, R26,95
Gebruik ‘n basis- en bolaag
7 Catrice Ultra Stay & Gel Shine Base Coat en Top Coat, R61,95 elk, help dat jou manikuur langer hou en glad en helder bly. Die jel- formule help dat naellak moeiliker afdop en langer glansend lyk.
8 Essie Good to Go Top Coat word vinnig droog en sorg vir ‘n pragtige, glansende manikuur, R159,95
Stylvolle naels
9 Kiss Salon Secrets Nail Art Starter Kit, R229,95, en Nail Art Pro Tool Kit, R219,95, sal verseker dat jy groot pret met naelkuns gaan hê.
10 Sag en vroulik. Essence Powdery Finish No Make-Up Look Nail Polish in Powdery Rose, R34,95
11 Hierdie funky bolaag gee naels ‘n oulike voorkoms. Essence Soap Bubble Effect Light Reflection Top Coat, R38,95
12 Avon Magic Effects Molten Metal Nail Enamel in Graphite, R94,90, gee naels ‘n intense voorkoms en lyk super sjiek. www.avon.co.za
13 Moenie sukkel met nat naels nie. Mavala Oil Seal Dryer, R202, maak naels in sekondes droog plus die voedende olie is heerlik vir jou naelvelletjies!
14 As jy nie lus of tyd het vir sukkel nie, plak Kiss Salon Acrylic French, R149,95, naels op. Dié valsnaels is buigsaam by die naelvelletjie en oor die naelbed vir ekstra gemak en die punte is ekstra sterk. Hulle is ook in verskeie lengtes beskikbaar.
Voed jou vingers
15 Mineraline Silk-Touch Hand Cream, R98,95, is ‘n nie-olierige handeroom gemaak van Dooie See sout, avokado, druiwesaad, jojoba- en soet amandelolie, laventel en galambotter. Heerlik!
16 As jy baie droë hande het gaan BioNike Proxera Nourishing Hand Cream, R75, beslis vir jou werk! Dis-Chem
17 ‘n Naelvelletjieroom is net so belangrik soos hande- en lyfroom. Mavala se Cuticle Cream, R169, kan jy elke dag gebruik om jou naelvelletjies sag en gevoed te hou.
18 Gooi Essence Studio Nails Repairing Nail Oil, R38,95, in jou handsak om seker te maak jy kan enige tyd jou naelvelletjies voed. Dit bevat argan olie en vryf maklik in.
*Alle pryse is die voorgestelde verkoopprys
SOURCES
HEMA PATEL