Het die winter sy tol op jou vel geëis? Ons kyk na ’n paar natuurlike oplossings
Deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Olyfolie
Olyfolie werk wondere vir hande, elmboë en verlig jeukerige droë vel. Dis selfs goed vir jou naelvelletjies en jy kan jou grimering daarmee verwyder.
Heuning
Organiese heuning sal van gebarste hakskene en skurwe elmboë ontslae raak en jy kan ‘n bietjie daaraan op jou droë lippe sit voor jy gaan slaap.
Melk
Melk is baie goed vir jou vel. Week ‘n lappie in koue melk en druk dit teen jou vel vir vyf minute. Was die melk nou liggies met ‘n louwarmwater af.
Jy kan ook ‘n paar druppels rooswater by 4 e melk voeg. Vryf die oplossing oor jou lyf, los dit vir 10 minute aan en spoel af.
LEES OOK: Laat velvlekke en puisies verdwyn!
Jogurt
Jogurt se anti-inflammatoriese eienskappe help om droë vel te verlig.
Wend vars jogurt op jou hande, gesig en bene en masseer dit liggies in. Los dit vir 10 minute aan en bad of stort dan.
Klapperolie
Hierdie olie werk fantasties vir ‘n droë vel. Masseer louwarm olie aan jou vel en gaan slaap. Stort die volgende oggend.
Petroleumjellie
As petroleumjellie te dik en vetterig vir jou is, gebruik lyfbotter en dik rome, dis baie beter vir ‘n droë vel as die waterige rome wat ‘n mens kry.
Jeukerige vel
Gooi ‘n koppie koeksoda in jou bad en week jou lyf daarin. Druk jou lyf saggies droog ná die tyd met ‘n handdoek. Jy kan ook ‘n pasta met hawermout en water maak en dit aan jou lyf aanwend en dan bad.
Eet jou vel van binne gesond
Kies ‘n dieet ryk in magnesium, omega-vetsure, vitamien C en betakaroteen. Dis voed jou vel van binne.