Beveg die tekens van veroudering en hou jou vel jonk met hierdie produkte.
Natasha van Wyk
Jou dag- en nagvelsorgroetine behoort ‘n goeie reiniger, verfrisser, serum en SBF- of vogroom in te sluit.
HOEKOM?
REINIGER verwyder grimering en oormaat olie wat puisies veroorsaak.
Jy sal verbaas wees hoeveel grimering selfs ná ‘n goeie was steeds op jou gesig is. ’n VERFRISSER streel jou vel met antioksidante en verwyder die laaste bietjie grimering.
SERUM help om jou vel van binne te vernuwe en die onvermydelike omgewingskade te herstel.
VOGROOM voed jou vel en maak dit sag en soepel.
Gebruik weekliks ‘n gesigskrop en -masker om dooie selle te verwyder en meer gespesialiseerde rome, soos ‘n oog- of liproom, soos nodig.
SOURCES
Dylan Swart