Hierdie is ‘n oulike geskenkidee en maklik om te maak.
Jy kort:
- 1 koppie gedistilleerde water
- 1 pakkie geurlose gelatien
- ½ koppie stortjel
- seepkleursel (of gebruik gekleurde stortjel)
- versierings en verskillende gietvorms
*Vermy as jy allergies is vir gelatien. Hierdie jellies is nie eetbaar nie.
