Sorg goed vir ’n wintervel met hierdie produkte. Maak seker jy mis nie ons 10 Julie uitgawe nie!
Natasha van Wyk
WEN met ons skoonheidskattejag
1 Leser kan elke maand ’n skoonheid-geskenkpak wen!
HOE? Loer in ons 10 Julie 2015 uitgawe se skoonheidsblaaie vir die skoonheidskattejag- vraag en soek die antwoord hier
Skryf in: klik hier!
Inskrywings sluit 13 Julie 2015.
Was en skrop só
Probeer (1) Creightons Mango & Papaya Balance Bath & Shower, R55, Pick n Pay,as jy na somer verlang of (2) Café de Bain Softening Shower Crème Sweet Vanilla Madeleine, R49,95, Pick n Pay, as jy warmer vanielje verkies. Skrop jou vel glad met (3) Justine Body Balance Exfoliating Body Scrub, R85, Justine.co.za. (4) Beauty Factory se Karoo Cure Clarifying Karoo Mud Body Scrub with Buchu Etract, R69,90 is plaaslike spa-bederf en (5) Elim Exfoliating Body Polish, R182, elimspaproducts.co.za,is seepvry en bevat ‘n bietjie glinsterstof.
Bly sonbruin
(6) Skinny Tan 7-Day Tanner, R395,skinnytan.co.za, maak jou lyf onmiddellik bruiner en ontwikkel geleidelik ‘n donkerder kleur. Skinny Tan help ook om jou lyf vlyende kontoere te gee terwyl dit selluliet verbloem! Dié produk spog met ‘n 100% Natural Tanning Active, so dit ruik nie so skerp soos gewone verbruiners nie.
*Onthou om altyd goed te skrop voordat jy verbruiner gebruik. Dit sal verseker dat die effek langer hou.
Voed die vel
Nog ‘n plaaslike wenner, (7) Africa Organics Kalahari Melon Body Lotion, R39,africaorganics.co.za, is so organies en natuurlik soos dit kom. (8) Dove Purely Pampering Nourishing Lotion, R29,99met galambotter en warm vanielje geure is ‘n gunsteling vir goeie rede. As jy ietsie soek om die vel fermer te maak en tegelyk te voed, is (9) Nivea Body Moisturiser Firming, R64,99, ‘n moet-probeer. Of as jy net van droë vel wil ontslae raak, probeer (10) Palmer’s Moisturizing Body Oil, R55. Gooi dit in jou bad of vryf oor klam vel.
Luukse lyfbotter
Lyfbotters is dikker as gewone lyfroom en heerlik om in die winter te gebruik. Ons hou van (11) Beauty Factory se Me Time Body Soufflé in Mountain Hideaway, R69,90 met ‘n soeter geuren (12) Marc Anthony Healing Macadamia Oil Deep Moisture Body Butter, R144,95, Dis-Chem, met ‘n warmer, wintergeur.
’n Oplossing vir rekmerke
As jy sukkel met rekmerke kan jy (13) Avon Solutions Stretch Mark 247 Line Reducing Treatment, R180, avon.co.za, probeer. Masseer dit soggens en saans op die geaffekteerde plekkies in.
*Alle pryse is die voorgestelde verkoopprys
SOURCES
Hema Patel