Voed jou vel met ‘n goeie lyfbevogtiger. Lees ons 29 Januarie uitgawe vir meer oor lyfrome-, botters- en olies
NATASHA VAN WYK
- Dawn Aloe Vera Body Lotion is strelend vir die vel en bevat ook vrugte ekstrakte en voedende vitamiene A en E, R17,95 vir 400 ml
- Beauty Factory Tissue Oil Body Butter is uitstekend vir droë velle met letsels, R85 vir 250 ml
- Avon Care Intense Relief Body Lotion is goed vir rooiheid en jeukerige velle. Dit is ook geurvry en hipoallergenies, R65 vir 400 ml, www.avon.co.za
- Smeer Palmer’s Cocoa Butter Formula Massage Lotion for Stretch Marks drie keer ? dag aan. Dit bevat kollageen en elastien om jou vel meer soepel te maak, R47,50 vir 250 ml, Dis-Chem
- FloreEssence Body Butter Musk kom uit Israel en is ? lekker lyfbotter vir daaglikse gebruik. Vergeet van parfuum en ruik heeldag na hierdie lieflike room, R109,95 vir 200 ml, Dis-Chem
- ? Lyfroom vir die hele gesin! Palmer’s Cocoa Butter Formula Skin Smoothing Lotion verwyder droë selle en voed nuwe vel, R44,50 vir 250 ml, Dis-Chem
- Bramley Pink Blossom Body Butter ruik na blommegeure, R14,99 vir 250 ml, Pep
- Cetaphil Restoraderm Skin Restoring Moisturiser is gemaak vir sensitiewe velle wat veral met ekseem sukkel. Verlig geïrriteerde vel met hierdie room, R197,95 vir 295 ml, Dis-Chem
- Nivea Creme is een van die eerste gunstelinge onder families en word nou weer in sy oorspronklike blikkie verkoop. Gebruik dit op jou hele lyf, R32,99 vir 150 ml
- Nivea Q10 Plus Firming Body Cream is lekker om te gebruik op jou bobene, boude en maag vir ? fermer en gevoede vel, R69,99 vir 300 ml
*Alle pryse is die voorgestelde verkoopprys
SOURCES
PETER WHITFIELD