Almal kort ‘n bietjie kleur in hul lewens en ons almal het ons gunstelingkleur, maar wat sê daardie kleure van jou as persoon? Of dit die kleur van jou motor, naellak, gordyne of klere is, alles sê iets van jou!
Captive8
Wanneer dit kom by die keuse van jou klere, raak baie vrouens beinvloed deur mites oor die kleure wat hulle kan en nie kan dra nie. Nie net mis hulle uit op ‘n groot verskeidenheid van kleure wat hulle jonger en skraler kan laat lyk nie, maar hulle mis ook uit om met kleure te kan speel en ‘n storie van hulself te kan vertel.
“Kleur is ‘n baie belangrike toevoeging tot enige klerekas”, sê Jacki McEwen, mede-eienaar van Captive8 House of Fashion – ‘n klere reeks wat die kurwes van vroue vier, in groottes 16 en groter. “Die huidige kleure tendense is pers, diep oranje, mostert, blou and skakerings van pienk en alhoewel nie alle kleure almal sal komplimenteer nie, is dit belangrik om kleure te kies wat op ‘n subtiele manier sê wat jy will hê dit moet sê van jou.”
Hieronder verduidelik sy wat kleure van jou kommunikeer:
-
Pienk is ‘n kalmerende kleur en simboliseer vroulikheid, sagtheid en liefde. Die kleur laat mense ook meer toeganklik voorkom, wat die kleur perfek maak vir daardie eerste ontmoetting met die man van jou drome.
- Blou is ‘n konserwatiewe kleur en hou verband met vertoue, wysheid en lojaliteit. Dit is die rede hoekom mode-konsultante hul kliënte aanbeveel om blou te dra na ‘n werksonderhoud.
- Geel is ‘n opheffend, energieke kleur wat gekoppel word aan vreugde, blymoedigheid en pret. Daar word ook geglo dat die kleur oorspronklike gedagtes en nuuskierigheid inspireer – perfek om jou baas of ‘n kliënt te beindruk.
- Pers word geassosieer met koninglikheid, rykdom, oorvloed en gesofistikeerdheid. Die kleur trek onmiddelike aandag aan enige iemand wat dit dra, dit word ook gesien as ‘n kleur van mag en stel die draer in staat om uit te staan in ‘n skare van mense.
- Oranje straal warmte en vreugde uit. Dit kombineer die fisiese energie en stimulasie van rooi met die vreugde van geel. Dit sê ook vir ander dat die draer ambisieus is en nie bang om gehoor te word nie.
“Wat ookal die kleur is wat jy kies, maak seker dit pas jou hare, die kleur van jou oë, asook jou velkleur. Jy kan wonderlik lyk en voel met die regte kleur kombinasies en deur kleur, iets positief kommunikeer” sê McEwen.
“Net omdat jy ‘n sekere ouderdom of grootte is, beteken dit nie dat jy hoef vaal klere aan te trek nie. Vat jou tyd en kry raad van jou gunsteling klere konsultante wat jou sal help om jou beste te lyk en voel” sluit die Captive8 mede-eienaar af.
Om meer te sien van Captive8 se kleurevolle klere, besoek hul webwerf.
SOURCES
Captive8