’n Vrou se handsak bevat baie noodsaaklikhede, maar volgens navorsing bevat dit ook meer bakterieë as die gemiddelde toiletsitplek.
‘n Vrou se handsak bevat baie van die noodsaaklikhede wat sy benodig om aan die eise van haar wêreld te voldoen, maar, volgens navorsing, bevat dit ook meer bakterieë as die gemiddelde toiletsitplek.
“As vroue gaan ons skaars êrens heen sonder ons handsakke,” sê Casey Rosseau van 1st for Women Insurance, “Hulle is uitbreidings van onsself en ‘n tuiste vir amper alles wat vir ons kosbaar is. Volgens verskeie studies is hulle ook een van die ergste sondebokke wanneer dit by kiem-heetkolle in ‘n tipiese huishouding kom, en volgens ‘n studie wat gedoen is deur Initial Washroom Hygiene, kan daar soveel as 10 000 bakterieë op en in jou handsak wees.”
Rousseau sê verder: “In erkenning van Wêreld Handsakdag op 10 Oktober, is dit wys om op hierdie gevare te let en te weet hoe om hulle te neutraliseer.”
- Maak jou handsak daagliks met antibakteriese seep skoon. Die deeglike en gereëlde skoonmaak van egte leersakke en beursies is veral belangrik omdat hulle sponserige tekstuur die perfekte tuiste bied vir die groei en verspreiding van bakterieë.
- Hou jou handsak weg van bakterie-gevaarsones. Vermy om jou handsak in hoë risiko areas te plaas, veral badkamer-toonbanke, kombuis-toonbanke, vloere en toiletsitplekke.
- Hou jou handsak te alle tye dig toe.
- Vee die items in jou handsak, insluitend jou grimeringhouers en selfoon, met antibakteriese lappies af. Moenie vergeet om die onderkant van die handsak, sowel as die handvatsels, skoon te maak nie.
- Dompel jou lipstiffiehouer in alkohol vir 15 tot 30 sekondes en vee dan die boonste laag van die lipstiffie af om dit deeglik soon te maak. Los lipstiffie en maskara oornag in die vrieskas om bakterieë en virusse dood te maak.
- Gaan gereëld deur die inhoud van jou handsak en raak ontslae van dit wat jy nie nodig het nie, soos leë handroom- of lipstiffiehouers.
- Vermy dat stof, afbreeksels en rommel aan die onderkant van jou handsak versamel. Gebruikte sneesdoekies is van die ergste sondebokke, aangesien die griepvirus vir tot 12 ure daarop kan leef.
- Indien jy kos in jou hadsak het, maak seker dat dit in ‘n plastieksakkie of -houer verseël is.
“Skoon of nie, kan jou hansak en die items daarin duisende rande werd wees. So, vir gemoedsrus indien dit wegraak of gesteel word, maak seker dat jy die regte versekeringsdekking in plek het, net ingeval,” sluit Rosseau af.