Skoonheid word as ‘n toegangskaartjie tot geluk, sukses en rykdom voorgehou. Vroue smag na ‘n beter voorkoms in die hoop om goed oor hulleself te voel en liefde te wen. Is jy obsessief oor skoonheid? Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind:
- Glo jy dat skoonheid vir jou deure sal oopmaak?
- Is jy ontevrede met jou voorkoms?
- Spandeer jy al jou geld op skoonheidsprodukte en behandelings?
- Is skoonheid al waaroor jy dink en praat?
- Is jy oormatig behep met jou voorkoms?
- Glo jy dat jou geluk van jou voorkoms afhang?
- Is jy bang om oud te word?
- Raak jy angstig oor plooie en selluliet?
- Is jy obsessief oor skoonheidsprodukte en behandelings?
- Idealiseer jy die lewens van mooi mense en sterre en glo jy dat hulle gelukkiger as jy is?
- Fokus jy meer op jou fisieke voorkoms as jou innerlike self?
- Wens jy jy het soos ‘n sekere aktrise of ster gelyk en glo jy dat dit al jou probleme sou oplos?
- Glo jy dat voorkoms die sleutel tot geluk is?
- Hou jy aan die beeld vas wat TV-advertensies en modetydskrifte van skoonheid skep?
- Glo jy dat ‘n vrou se waarde van haar voorkoms afhang?
- Glo jy dat jou voorkoms jou waarde bepaal?
As jou antwoorde op bg. vrae meestal “ja” is, is jy moontlik oormatig behep met skoonheid. Dan is dit tyd om jou prioriteite te herevalueer. Dink weer oor jou selfwaarde. Fokus op jou innerlike self en wend ‘n poging aan om te groei. As dit moet, doen ‘n selfverrykingskursus of gaan spreek ‘n terapeut. Jy het een lewe. Moenie dit mors nie. Benut elke oomblik en maak die beste daarvan. Onthou jy is in beheer van jou gedagtes en jou keuses en dit bepaal jou lot. Gebruik elke dag ten beste om ‘n verskil in jou eie lewe, sowel as in dié van ander te maak.