Willem Boshoff was opsoek na ‘n eenvoudige, bekostigbare leersak toe hy nog Ingenieurswese op Stellenbosch geswot het. Na ‘n vrugtelose soektog en ‘n bietjie meer navorsing het hy besluit om self een te maak. Versoeke van vriende en familie het vinnig begin inkom en so is Burgundy Collective gebore…
Willem waardeer die estetiese kant van natuurlike materiale soos hout en leer en hoe hulle mooier word met ouderdom en gebruik. Dis iets wat hy van sy pa en oupa se kwaliteitgoedere geleer het. Hierdie entrepreneur het die behoefte aan ‘waarde vir geld’ en goeie gehalte leerprodukte raakgesien en sy besigheid amptelik in 2013 gestig.
Burgundy Collective vervaardig ‘n reeks handgemaakte leerstukke met plaaslike materiale en gehalte vakmanskap uit hul nuwe studio in 6 Santhagen Road, Devon Valley, Stellenbosch (waar jy ‘n draai kan maak as jy agter die skerms wil sien hoe ‘n ongelooide huid na ‘n finale produk omskep word).
Die stukke bly tydloos want Willem is nie besorg oor die huidige modetendens nie. “Eenvoudig en funksioneel” is wat hy verkies. “Ek wil hê my produkte moet oor generasies gebruik kan word,” sê hy. Dus verken hulle voortdurend nuwe metodes en materiale om die produkte nog meer duursaam te maak. Tans sluit hul reeks die mooiste reissakke, handsakke, die beroemde leersak, aktetasse en ander kleiner bykomstighede in. Jy kan ook ‘n versoek vir spesiaal gemaakte korporatiewe geskenke, handelsmerke of graveerwerk insit.
Gaan loer op hul webblad www.burgundycollective.com (waar jy ook aanlynbestellings kan plaas) vir trots Suid-Afrikaanse produkte.
Facebook https://www.facebook.com/BurgundyCollective Twitter https://twitter.com/BURGUNDY91 Instagram https://www.instagram.com/BurgundyCollective E-pos [email protected]