Olies kan jou hare se beste vriend wees. Hier is my gunsteling-sjampoes en opknappers vir sagte, gesonde hare. Lees ook ons 1 April uitgawe propvol produkte en wenke vir ‘n haarstyl wat hou
Natasha Van Wyk
Gewone sjampoes is hard op jou hare. Dít, gekombineerd met water, strook jou hare van sy natuurlike olies. Kroesige, droë en vaal kapsels is dus algemeen as jy gereeld jou hare was.
Olie is nie die vyand nie. Was jou hare met produkte wat olies bevat (daar is nou baie verskillende tipes en geure beskikbaar) om die olie wat jy so afwas te probeer vervang. Jy sal verbaas wees!
Die resultaat is sagter, gladder en gevoede hare wat gesond blink.
VRY VAN SULFATE
- Behou vog in die hare
- Behou kleur
- Sag op die kopvel en verminder irritasie
- Behou hare se natuurlike olies
- Behou lewensduur van chemiesehaarbehandelings
HASK Mint Almond Oil Thickening Shampoo & Conditioner is fantasties as jy volume kort. Met omega vetsure, vitamien E en magnesium. Dit bevat ook Bio3 Thickening Complex en pepermentolie om jou kopvel te streel en te stimuleer vir dikker haargroei. R115,95 elk, Clicks
Palmer’s Coconut Oil Formula with Vitamin E Conditioning Shampoo, R66,95 en Repairing Conditioner with Coconut Oil & Keratin, R73,95, se romerige formule was hare skoon sonder om dit uit te droog. Dit herstel skade en laat hare blink. Perfek vir daaglikse gebruik. Clicks
Die oorspronklike oliesorg-reeks vir hare. Moroccanoil se nuwe SMOOTH Featuring AminoRenewTM Smoothing Shampoo, R350 en Conditioner, R370, raak van kroesigheid ontslae en maak hare meer hanteerbaar. Kam haarkoeke ook makliker uit! 011 305 1600
evolution KERATIN Moisturizing Shampoo & Conditioner Argan Infused Smoothing Therapy is ‘n professionele salonreeks. Dit bevat suiwer arganolie en behou jou salon-kleur en keratienbehandelings. R198 elk, www.keratinproducts.co.za
Seël die vog in jou hare met Marc Anthony Hydrating Coconut Oil Shea Butter Shampoo & Conditioner Infused with Biotin. Biotien help vir ‘n gesonde kopvel en haargroei. R119,95 elk, Dis-Chem, Pick n Pay en Checkers
Pure Beginnings Balancing Shampoo & Conditioner with Organic Aloe and Argan help om hare sterker, sysag en blink te maak.Dis strelend en kalmerend en geskik vir die hele gesin. R85 elk, www.purebeginnings.co.za
Betroubare wenners
Reflections se Style Innovation Macadamia Oil Shampoo & Conditioner is uiters voedend vir jou hare. Hierdie neutolie is soortgelyk aan jou natuurlike haarolie en word vinnig geabsorbeer. R59,95 elk, Dis-Chem
Voed jou hare sonder om dit swaar, plat en leweloos te maak met Schwarzkopf Gliss Hair Repair with Liquid Keratin Marrakesh Oil & Coconut Shampoo & Conditioner. Dit ruik nie sterk na klapper nie, maar het ‘n aangename kakao reuk. R44,95 elk, Dis-Chem
Maak jou hare super sag met die heerlike OGX Smooth Hydration Argan Oil & Shea Butter Shampoo & Conditioner. Dit laat hare liggewig en bevogtig voel. R159,95 elk, Dis-Chem
Die kenners se keuses vir gekleurde kapsels
TOPKEUSE!
Die SynergiCare Immediate Repair reeks bevat olyfolie, vitamien E en koringproteïene en is vry van sulfate. Die bestanddele herstel gesplete punte, voed, versterk en verhelder hare en bevogtig. ‘n Wennerreeks wat ook teen lugbesoedeling en sonstrale beskerm. Probeer dit as jy sukkel met vaal, droë, beskadigde hare. Deep Care Shampoo, R198, Intensive Care Mask, R205 en Multiactive Serum, R205. 011 305 1600
Doen jou hare ‘n guns en gaan vir ‘n L’Oréal PROFESSIONAL PRO FIBER salonbehandeling met Aptyl 100. Behou die resultate met ‘n tuisbehandelingsreeks. Daar is drie reekse beskikbaar afhangende van jou hare se toestand. Die REVIVE reeks is vir minder beskadigde hare. Long-lasting haircare system Shampoo, R240, Masque, R330 en In-Salon Concentrate Re-Charge Cure, R600 vir ses buisies. Gebruik elke nou en dan die Re-Charge Cure buisie inplaas van jou haarmasker. Dus lyk en voel jou hare steeds salon-gesond teen die tyd wanneer jy weer vir ‘n behandeling moet gaan. Beskikbaar in uitgesoekte salonne. 011 286 0700, e-pos: [email protected]
*Alle pryse is die voorgestelde verkoopprys
SOURCES
HEMA PATEL en verskaf