Shaughn Adams, Philips se handelsnaam-ambassadeur, het sy haarwenke met ons gedeel. Volg sy maklike raad vir gesonde, glansende hare.
Michelle Viljoen
<< Klik hier vir Shaughn Adams se stap-vir-stap haarkrul-tutoriaal >>
Haarwenke
Hitte-stilering
1 Dit maak nie saak hoe duur jou haartoestel is nie, jy het ‘n hitte-beskermende haarmiddel nodig – smeer dit aan jou hare voor jy dit droogblaas, reguit stryk of krul.
2 Hittebeskermende middels keer dat jou hare nie deur ’n oormaat hitte gebrand word nie.
3 Ioniese haardroërs maak jou hare vinniger droog en gee ekstra glans aan hare.
Die Philips ProCare-haardroeër (8260) is ‘n ioniese
droër met keramiek-verhittingselemente. Dié haardroeër
produseer dus ‘n hitte wat sagkens met jou hare werk
en dit voorkom oorverhitting deur hitte egalig oor jou hare
te versprei.
4 Kies ‘n haardroeër en -yster waarvan jy die hitte kan stel. Moenie dit warmer as 240 °C maak nie.
5 Keramiekysters gee ’n sagter hitte af wat beter vir jou hare is.
6 Haarsproei is ’n moet in vogtige klimate en help om lastige hare te beheer.
Die Philips ProCare-haaryster het keramiekplate en
verstelbare hittestellings. Dis boonop teen ’n bekos-
tigbare prys beskikbaar.
Was jou hare só
1 Met elke vyfde haarwas kan jy jou opknapper vir ’n haarmasker verruil.
2 Masseer die sjampoe met sirkelbewegings in jou kopvel in.
3 Werk die skuim geleidelik van jou kopvel af tot by die haarpunte in.
4 Wanneer jy jou hare afspoel, maak seker dat jy die oortollige water uit die punte uit druk.
5 Gebruik opknapper slegs aan die haarpunte. Dis dié deel van jou hare wat al van hul natuurlike olies ontneem is en die opknapper die meeste nodig het.
6 Opknapper hoef nie lank aan te bly nie – 3-5 minute is genoeg.
Hoe gereeld moet jy jou hare was?
Lang hare droog maklik uit. Daarom beveel Shaughn aan dat jy dit ongeveer twee keer per week was. Olierige of kort hare kan meer gereeld gewas word om van oortollige olie ontslae te raak.
Shaughn Adams
Shaughn Adams is ‘n derde-generasie-haarstilis. Hy het sy eie haarsalon, Image and Hair, in 1998 in Observatory, Kaapstad oopgemaak.
Shaughn is ‘n gesogte haarstilis onder bekendes en hy het al op plaaslike leefstylprogramme op TV verskyn om oor haar- en grimeringneigings te praat.
Meer inligting
- Besoek Shaughn Adams by sy haarsalon, Image and Hair, in Observatory, Kaapstad.
- www.theimageandhair.co.za
- Besoek www.philips.co.za om hul reeks haarstileerders te sien