Maak jou eie gesigmaskers met Crabtree & Evelyn se wenke en vars bestanddele uit jou tuin!
1) Tamatie- en- avokadomasker – vir skoon, gesonde vel
Tamatie help vir oortollige olie en avokado is ? besonderse bevogtiger.
Jy benodig:
- 1 Tamatie
- 1 Avokado
- Sny die tamatie en druk die sap uit
- Meng ? eetlepel tamatiesap met ? eetlepel avokado
- Smeer die pasta aan ? skoon vel en los vir 10-15 minute
- Spoel met louwarm water af
2) Wortel- en- heuningmasker – vir pragtige, glansende vel
Maak vel eweredig en verfrissend. Wortels verhelder jou gelaat en heuning is sag en strelend.
Jy benodig:
- 2 Wortes, afgeskil, saggekook en fyngedruk, afgekoel
- 2 Eetlepels suiwer heuning
- Meng die bestanddele goed
- Wend aan ? skoon vel en los vir 30 minute
- Spoel met louwarm water af
3) Blaarslaai-, suurlemoen- en olyfolie – verfris en bevogtig jou vel
Blaarslaai verwyder grimering en olie en balanseer jou gelaat. Suurlemoen help om porieë saam te trek en olyfolie bevogtig.
Jy benodig:
- 2 Vars, groot slaaiblare
- 2-3 Eetlepels vars suurlemoensap
- 2 Eetlepels olyfolie
- Meng die suurlemoensap en olyfolie
- Skeur die blare in kleiner stroke en doop in die mengsel
- Pak die stroke oor jou gesig en los vir 20 minute
- Verwyder die blare en spoel met louwarm water af
Loer op www.crabtree-evelyn.co.za vir hulle fantastiese, vars produkte!