Bekendes is gek na die nuutste platinum en silwer hare. Probeer dit self en lees ons 4 Julie-uitgawe vir meer
Natasha van Wyk
Vinnige wenke vir wit of grys hare
- Ligblonde hare kleur die maklikste grys.
- Die ‘silwer haarstyl’ is ‘n soliede kleur. Oneweredige kleur in jou hare (soos sonstrepies) sal snaaks lyk wanneer dit wit of grys gekleur word. Raak ontslae daarvan voor jy grys kleur.
- As jy gereeld jou hare kleur, kan die chemikalieë in haarkleursel jou hare uitgedroog en grof laat voel. Gebruik gereeld haarolies en -maskers om jou hare te behandel en sag te hou.
- Toners word gebruik om die geel uit ligte hare te verwyder en die silwer kleur te skep. Hulle is swak kleurmiddels en kanselleer die kleur in jou hare. Moet egter nie té veel toner gebruik nie, anders gaan jou hare pers uitkom en ‘n paar wasse kort voor dit weer normaal lyk.
- Was jou hare gereeld met silwer sjampoe nadat dit gekleur is. Ligte hare kan maklik vuil lyk, maar die silwer kleur verdof ook vinniger as enige ander kleur. Dus is onderhoud belangrik!
SOURCES
Andrea Caldwell