Trots Suid-Afrikaanse klerereeks, Signature by Des (voorheen bekend as Signature Clothing), het onlangs ’n nuwe logo saam met hul nuutste winterversameling bekendgestel.
Die reg-om-te-dra-versameling bestaan uit veelsydige stukke en ‘los’ silhoeëtte van sagte materiaal vir ekstra luuksheid en gemak.
Desiree Hutchison, stigter van Signature by Des, sê die huidige versameling bestaan uit tussen-in stukke (en dus beleggingstukke) wat nie seisoengebonde is nie en wat jy enige tyd kan dra.
Daar is romantiese, vroulike hemde en langer lengte rokke (met besonderse detail) van materiaal wat alle figure te vlei. Athleisure, die styl wat mode en gemak in funksionele en drabare items omskep het, is beskikbaar in harem-broeke en bomber-baadjies. Daar is luukse fluweel en sagte satyn stukke wat enige uitrusting meer interessant maak, maar die reeks het ook die nodige boublokke vir enige gemaklike, moderne klerekas; veelsydige tops vir daaglikse dra, broeke en gebreide stukke.
Benewens die tydlose neutrale soos wit, grys, vlootblou en swart bevat die versameling se palet ‘n verskeidenheid stukke in romantiese sagte rome en pienk, blom- en boheemse patrone en militêre geïnspireerde kakie.
Signature by Des het ook hul nuutste winterslaapklerereeks bekendgestel. Dit bestaan uit klassieke en tydlose silhoeëtte; toeknoop-langmoutops en broeke wat dieselfde kleurpalet volg as hul reg-om-te-dra versameling. Jy kan meng-en-pas met die verskillende slaaptops- en broeke.
Beskikbaar aanlyn by www.signaturebydes.co.za