Chanel, Hermès, Louis Vuitton… hierdie handelsnaam beleggingstukke kan duisende (soms honderd duisende) rande uit die sak jaag… maar nou is daar moontlikheid om een te besit, teen die helfte van die prys.
Luxity, ʼn aanlyn winkel gebaseer in Kaapstad, spesialiseer in die koop en verkoop van tweedehandse luukshede.
Maar watter handelsnaam om in te belê? Die Luxity span glo vas dat handsakke en goedere van Chanel, Hermès, Christian Louboutin en Louis Vuitton die beste herverkoopwaarde het, afhangende van styl en materiaal. Eksotiese velle, spesiale materiaal, edelstene en borduurwerk kan meer waardevol wees. Gucci, Prada en Burberry is ook goed, maar Marc Jacobs en Versace verloor hulle waarde die vinnigste. Dit het alles te doen met die bekombaarheid van die stukke en hoe gereeld die winkels afslagverkope bied.
Soms kan hierdie stukke selfs meer waardevol raak! ʼn Uiterste voorbeeld is ʼn Hermès Himalayan Nile Crocodile Birkin handsak wat ʼn paar jaar terug vir $300 000 op veiling in Hong Kong verkoop is. In vandag se geld is dit byna R4 500 000!
As jy ʼn liefhebber van hoë gehalte vakmanskap en tydlose stukke is wat dekades lank hou, of die nuutste modeneigings gretig volg, is ʼn beleggingshandsak dalk vir jou!
Besoek Luxity aanlyn: www.luxity.co.za