Ontspan in ’n borrelbad met hierdie lekker produkte. Ons 14 November uitgawe-het nog meer pamperlangprodukte.
Natasha van Wyk
2 Jy word bederf met ’n mengelmoes van aanloklike geure met Justine Honey Herbal Bath Salts. Ontspan en asem die geure van kamille, brandnetel, aalwyn en laventelekstrak in, www.justine.co.za, R160
3 Strelend op die vel met terapeutiese geure! Skud Justine Honey Herbal Luxurious Bath Milk goed om die ‘skuim’ en vloeistof te meng. Gooi ’n lekker hoeveelheid in die badwater terwyl die warmwater intap, www.justine.co.za, R120
4 Die naam sê alles! Comfort Zone Tranquillity Body Cream is ’n bederf vir die lyf en siel, www.comfortzone.it, R925
5 Lux Soft Caress Hand & Body Lotion is ’n heerlike lyfroom met ’n billike prysetiket. Perfek vir daaglikse gebruik. R20,95 vir 400ml
6 Van kleins af het my ma Fenjal-produkte in haar badwater gebruik. Dis dus vir my ’n nostalgiese reuk en dit bly ’n gunsteling. Probeer die Classic Luxury Creme Oil Body Wash, Dis-Chem, R54,95
7 As jy nie mal is oor allerlei geure en produkte in jou badwater nie, sproei ’n bietjie Willa Krause Fruity Vanilla Room & Linen Mist in die badkamer en bederf só jou reuksintuie, www.willakrauseskincare.co.za, R49
8 Daar is geen rede hoekom jy nie ’n stortjel in die bad kan gebruik nie. Creightons Lime & Grapefruit Energise Shower Burst is vars en verfrissend, Pick n Pay, R32,95
9 Olie in jou badwater help om jou vel ekstra sag te maak. Smeer ook ’n bietjie daarna aan jou klam vel en voel hoe jou lyf die olie opslurp. Palmer’s Cocoa Butter Formula Moisturizing Body Oil, Dis-Chem, R45
10 Soms is eenvoudig was met ’n lekker koekieseep al wat nodig is. Beauty Factory Originals Soap, R49
11 Gemaak vir borrelbad in die somermaande. Beauty Factory Country Garden Jasmine Luxury Foam Bath bevat ook vitamien E, R69,90
12 ’n Lyfbotter voel sommer luuks en is veral lekker om droë velle te voed. Bramely Cocoa Heaven Body Butter is ’n sakpasproduk en ruik soos ’n koffiepoeding, Pep, R13,99
13 Milk Solutions Milk & Honey Hand & Body Balm bevat boombotter en maroela-olie wat jou vel versag, www.milksolutions.co.za, R230
14 ’n Produk vir natuurliefhebbers! Earthsap Mustard Bath badsout ruik soos die suiwer bestanddele waarvan dit gemaak is; peperment, suurlemoen, lemoen en laventel. Dit bevat ook seesout, mosterdsaad, bloekomolie en Epsomsout. ’n Spa-ervaring in jou eie badkamer en die verpakking is bioafbreekbaar. www.faithful-to-nature.co.za, R48
*Alle pryse is die voorgestelde verkoopprysSOURCES
Dylan Swart