Dit kan jou help om jou kind beter te verstaan as jy weet wat sy of haar kleurpersoonlikheid is
Deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Volgens die webwerf www.colorcode.com kan mense se persoonlikhede in vier kleure ingedeel word, rooi, blou, wit en geel.
Rooi: Dis die mense wat dinge gedoen kry. Hulle is hoogs gemotiveerd en gedrewe. Hulle is verantwoordelik, pro-aktief en selfgeldend en het sterk leierseienskappe.
Blou: Hierdie is omgeemense. Goeie verhoudings en om ‘n doel in die lewe te hê, motiveer hulle. Hulle is lojaal, opreg en dink aan ander mense.
Wit: Hulle is die vredemakers en het die vermoë om te midde van konflik kalm en gebalanseerd te bly. Hulle is baie verdraagsaam, gaaf en goeie luisteraars.
Geel: Hierdie mense hou daarvan om pret te hê en om in die oomblik te leef. Hulle is entoesiasties, optimisties, charismaties, spontaan en sosiaal.
ROOI
Sterk punte
Jou kind is …
… ‘n sterk leier
… verantwoordelik
… vol selfvertroue
… aksie-georiënteerd
… gemotiveerd
Pasop vir dié eienskappe
Baasspelerigheid
Veeleisend
Argumenterend
Wil altyd reg wees
Aggressief
Manipulerend
Selfsugtig
Hoe hanteer jy dié kind?
Gebruik logiese beredenering
Wees direk en spesifiek
Help jou kind om sy of haar intelligensie te ontwikkel
Laat jou kind besluite maak
Pasop
- Moenie vir hierdie kind preek of ooremosioneel reageer nie
- Moenie te baasspelerig wees nie
- Moet nooit hierdie kind voor ander kinders verneder nie
BLOU
Sterk punte
Jou kind …
… is baie lojaal
… maklik dissiplineerbaar
… is goed aangepas
… gee om vir ander mense
… baie betroubaar
Pasop vir dié eienskappe
Jou kind …
… word gou gefrustreerd
… is baie sensitief
… buierig en emosioneel
… baie krities
… kan martelaar speel
Hoe hanteer jy jou blou kind?
Wees sensitief
Help jou kind om veilig te voel
Waardeer jou kind
Wees opreg
Bevorder kreatiwiteit
Pasop
Moenie jou kind skuldig oor dinge laat voel nie
Moenie spontaneïteit verwag nie
Moenie van hom of haar verwag om altyd te vergewe nie
Moenie perfeksie verwag nie
WIT
Sterk punte
Jou kind is …
… ‘n vredemaker
… baie akkommoderend
… gemaklik op sy of haar eie
… glad nie vol drama nie
… nooit veeleisend nie
Pasop vir dié eienskappe
Jou kind …
… hou niks van druk nie
… voel dikwels ongemaklik met sosiale interaksie
… is soms onverskillig
… voltooi nie take nie
Hoe hanteer jy dié kind?
- As jy kritiseer, doen dit opbouend
- Luister aandagtig
- Bevorder betrokkenheid sonder om uitermate druk toe te pas
- Aanvaar jou kind se individualiteit
Pasop
Moenie onsensitief wees nie
Moenie sosiale interaksie afdwing nie
Moenie jou kind dwing om in te pas nie
GEEL
Sterk punte
Jou kind …
… geniet die lewe
… aanvaar ander maklik
… is baie sosiaal
… is mal oor drukkies en fisieke aanraking
… is nuuskierig
Pasop vir dié eienskappe
Jou kind …
… hou nie van outoriteit nie
… is baie bekkig
… is geneig om selfsugtig te wees
… is soms onverantwoordelik
… kan ‘n terggees wees
Hoe hanteer jy dié kind?
- Wees positief en opbouend
- Prys jou kind en toon jou liefde op ‘n tasbare manier
- Bevorder kreatiwiteit
- Laat verbale uitdrukking toe
Pasop
- Moenie te ernstig wees nie
- Moenie jou kind ignoreer nie
- Moenie perfeksie van jou kind verwag nie
- Daar moet tyd in jou kind se lewe vir pret en plesier wees, moenie al sy of haar tyd opneem nie