Is jy vasgevang in huishoudelike geweld? Lees gerus in hierdie week se Vrouekeur die artikel oor huishoudelike geweld. Die onderstaande tekens is aanduidend van huishoudelike geweld:
Nicola, ‘n maatskaplike werker, sê jy is ‘n slagoffer van emosionele mishandeling as jou lewensmaat:
- beheer wat jy doen, wie jy sien en waar jy gaan
- jou name noem, verkleineer en verneder
- jou isoleer en dom, waardeloos en bang laat voel
- jaloers optree, jou dreig en ongegrond beskuldig van ontrouheid en dat jy affairs het
- jou straf deur liefde te weerhou
- jou en die kinders konstant kritiseer
- dreig om die kinders weg te neem van jou
- jou oproepe en bewegings monitor
- jou geld vat of geld van jou weerhou
- dreig jou met selfmoord sou jy hom verlaat
Jy is ‘n slagoffer van fisieke mishandeling as jou lewensmaat:
- objekte gooi of breek, mure slaan, deure skop tydens ‘n argument
- jou persoonlike eiendom vernietig
- jou stamp, klap, byt, skop of wurg
- jou en die kinders met ‘n wapen dreig
- roekeloos bestuur tydens ‘n argument
- dreig om jou of jou diere seer te maak
- jou dwing om seks te hê of voorkom dat jy geboortebeperking gebruik of veilige seks te hê
- jou dwing om goed tydens seks te doen wat jou ongemaklik maak
- jou in jou huis hou en verbied om uit te gaan
- vir jou sê jy sal nooit aan iemand anders behoort nie
- jou keer om die polisie te bel of mediese sorg te kry