Is daar iets wat jy soek, maar net te skrikkerig is om te vra? Dalk is dit tyd om uit jou gemaksone te klim
Deur ZERELDA ESTERHUIZEN
‘n Inskrywing op die bekende You-welstandstoep lui: Baie mense loop dikwels geleenthede mis omdat hulle nie dit vra wat hulle soek nie. Vrees vir verwerping is dikwels die rede.
Is daar iets wat jy soek, maar te bang is om te vra. Of is te bang om ‘n droom na te jaag?
Hier is ’n paar moontlike opsies:
- Vertel jou baas van jou briljante idee en vra of jy daarvan ‘n projek kan maak.
- Vra jou geliefde om eendag na die kinders te kyk sodat jy bietjie ek-tyd kan hê.
- Vra iemand op ‘n afspraak uit.
- Vind uit oor moontlike werksgeleenthede by ‘n maatskappy waar jy nog altyd wou werk.
- Gesels weer met daai vriend met wie ‘n vriendskap gesneuwel het.
Prof Susan Krauss Whitbourne skryf op die webwerf www.psychologytoday.com dat daar ‘n paar maniere is om te kry wat jy te bang is om te vra. Sy gee hierdie raad:
- Hou jou versoek redelik. As jy ‘n twee week lange vakansie soek, maar jy het net twee verlofdae, gaan dit nie werk nie.
- Moenie te veel redes vir jou versoek gee nie. Een goeie rede behoort genoeg te wees.
- Skryf jou versoek neer voor jy vra en dink aan die moontlike vrae wat die persoon kan vra.
- Hou die ander persoon se gevoelens en perspektief in gedagte.
- Wees gaaf.
- Wees eerlik.
- Moenie kwaad of mislik raak as dinge nie na jou sin gaan nie. Hou jou kop hoog en soek ander geleenthede.
Die webwerf www.success.com gee die raad:
- Ondersoek jou vrees. Hoekom is jy te bang om te vra? Wat is die ergste wat kan gebeur?
- Erken die moontlikheid dat jy dalk kan faal en dink aan wat dan kan gebeur. Is dit regtig so erg?