Is oorslaap van kinders by ander mense ’n euwel of ’n groeigeleentheid? Shanda Luyt ondersoek hierdie omstrede kwessie in hierdie week se Vrouekeur …
Ons kyk na die voordele en nadele van oorslaap
Voordele
- Jou kinders leer om hulself in ‘n situasie buite hul gemaksone te handhaaf.
- Jou kinders kry geleentheid om hul instinkte rondom persoonlike veiligheid te ontwikkel.
- Hulle leer om onafhanklik van jou te funksioneer en pret te kan hê.
- Jou kinders oefen hul sosiale vaardighede in ‘n vreemde omgewing weg van jou.
- Jou kinders kry die boodskap dat jy hulle vertrou om hulself te handhaaf en die regte keuses te maak.
- Jou kinders verbreed hul horison en leer respek vir ander mense se leefruimte, denkwyses en roetines.
- Jou kinders kan sterk bande met vriende en ander gesinne opbou.
- Dit bied jou en jou kinders se maats se ouers die geleentheid om die kinders in ‘n vriendekring beter te leer ken en hulle interaksie met mekaar beter waar te neem.
- Jou kinders kan leer om ‘nee’ te sê vir dinge waarmee hulle ongemaklik is en om vir hul eie waardestelsel op te staan.
Nadele:
- Jou kinders kan blootstelling kry aan goed waarmee jy nie gemaklik is nie soos alkohol, pornografie of ongesonde kos.
- Jou kinders kan groepsdruk ervaar om dinge te doen waarmee hy nie gemaklik is nie.
- Daar is ‘n groter risiko vir seksuele molestasie.
- Jou kinders kan oorweldig voel deur hul omstandighede en geweldig weerloos voel.
- Jou kinders kan geboelie word.
- Kwessies soos bednatmaak kan ‘n probleem raak.
- Ander gesinne se waardestelsel rondom goed soos voeding, TV, ouderdomsbeperkings en so meer kan van joune verskil.
- Daar kan ‘n gebrek aan voldoende ouerlike toesig wees.