Die huwelik is veronderstel om ʼn sprokie te wees of hoe? Is jy dalk in ʼn ongelukkige huwelik vasgevang.
Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind of jou huwelik op die rotse is:
- Sukkel jy om te kommunikeer met jou maat?
- Voel dit asof jy en jou maat uit voeling met mekaar is?
- Is daar gedurige konflik in jul huwelik?
- Mishandel jou maat jou en die kinders fisiek of emosioneel?
- Is daar ʼn gebrek aan vertroue in julle huwelik?
- Verneuk jy of jou maat mekaar?
- Het julle jul respek vir mekaar verloor?
- Manipuleer jy of jou maat mekaar?
- Is die emosionele konneksie tussen julle vernietig?
- Loop jy met opgekropte wrewel jeens jou maat?
- Voel dit asof julle verby mekaar leef?
- Breek julle mekaar meer af, as wat julle mekaar opbou?
- Ervaar jy eensaamheid in jou huwelik?
Indien jou antwoorde op bogenoemde vrae meestal “ja” is, flikker daar gevaarligte. Oorweeg dit ernstig om berading te kry, of as daar mishandeling is, om finaal weg te stap. Onthou konflik en disfunksionaliteit in jou huwelik het langtermyngevolge – ook vir jou kinders.