Baie tweelinge voel dat ’n deel van hulleself “wegdreineer” wanneer ’n tweeling sterf. Die gevoel dat jy skielik jou identiteit verloor, is veral opmerklik met tweelinge wat van mekaar verskil en komplimentêre rolle vervul het.
Gedurende die helingsproses gebeur dit dikwels dat die oorblywende tweeling persoonlikheidstrekke van die oorlede een aanneem.
Vir sommige tweelinge, veral identiese tweelinge, is die band veel nouer as tussen moeder en kind. Baie tweelinge fokus hulle verhoudings op mekaar en bring nie soveel tyd met ander broers of susters, ander kinders van hulle ouderdom of hul ouers deur nie. Wanneer een die ander verloor, verloor hulle die meeste van die sosiale ondersteuning wat hulle deur die jare ontwikkel het.
Die meeste tweelinge het nie veel ervaring daarvan om alleen te wees nie. Wanneer iemand sterf, is die gevoel van alleen-wees wees wat die oorlewende broer of suster ervaar meer intens vir tweelinge omdat hulle glo ander mense verstaan nie die band tussen tweelinge nie en kan daarom nie die verlies begryp nie. Een van die ergste aspekte daarvan om ’n tweelingsibbe te verloor, is die eindelose soeke na iets wat nie gevind kan word nie.
Hoewel verhoudings met broers en susters die langste verhoudings is wat mense gewoonlik het, word die verlies van ’n volwasse broer of suster nie so ernstig beskou as ’n soortgelyke verlies tydens kinderjare nie. Die verlies van ’n tweelingsibbe tydens laat volwassenheid mag nogtans ’n bewustheid van sterflikheid veroorsaak. Die gevolglike angstigheid en die verhoogde nabyheid tussen broers en susters gedurende hulle latere jare, kan die dood van ’n broer of suster die langslewendheid van ander broers of susters beïnvloed. Hierdie risiko is hoër met tweelinge.