Swak selfbeeld? Jy kan iets daaraan doen. Ons het ‘n paar wenke opgespoor
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
- Skryf elke dag vir minstens ‘n maand iets goeds oor jouself neer. Wat hou jy van jouself?
- Onthou hierdie lys sodra gevoelens van minderwaardigheid jou oorweldig. Herhaal minstens drie kliphard vir jouself.
- Kyk ook na watter mense jy in jou lewe toelaat. Het jy mense in jou lewe nodig wat jou sleg oor jouself laat voel? Omring jouself met positiewe mense wat jou waarde insien.
- Probeer om op te hou om oor die verlede of die toekoms te wroeg. Wat kan jy nou aan jou omstandighede verander en jou lewe verbeter?
- Wees bewus van negatiewe denke. Erken dit en reageer positief daarop.
- Probeer objektief na jou situasie kyk. Wat as iemand anders in jou posisie was – hoe sou hulle daarop gereageer het?
- Wees bewus van die snellers wat jou selfbeeld affekteer. Hoekom dink jy is iets nie waardig nie?
- Praat met jouself. Hoekom doen jy wat jy doen en wat kan jy daaraan doen?
- Probeer om elke dag vir minstens vyf minute rustig te word en net mooi niks te doen nie. Haal diep asem en dink positiewe gedagtes.
- Hou op om jou met ander mense te vergelyk. Jy’s ‘n individu vir ‘n rede.
- Doen iets vir jouself wat jou selfbeeld ‘n hupstoot kan gee. Oefen vir daai endorfiene of verander iets in jou lewe wat jou beter oor jouself laat voel.
- Skep vir jouself visuele herinneringe. Plak mooi prentjies teen jou kantoormuur, omring jouself met inspirerende aanhalings, kry ‘n toep wat jou opbou.
- Wees ‘n aktiewe deelnemer in jou eie lewe. Moenie ander mense toelaat om jou besluite namens jou te neem nie. Staan op jou regte.
Hierdie artikel het eerste op www.ditchthelabel.org verskyn