Mislukking is dikwels deel van die pad wat mense moet loop om sukses te behaal. Dit is vir niemand maklik nie en niemand hou daarvan om te misluk nie.
Tog is dit baie keer onvermydelik. Is jy bang om te misluk? Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind:
- Is jy bang om nuwe dinge te probeer?
- Koppel jy jou selfbeeld aan sukses?
- Word jy deur prestasie gedryf?
- Is jy van goedkeuring afhanklik?
- Glo jy dat mislukking jou as mens definieer?
- Voel jy angstig as jy nuwe dinge probeer?
- Is jy beangs oor die moontlikheid om te misluk?
- Verkies jy om in jou gemaksone te bly?
- Verloor jy moed as struikelblokke oor jou pad kom?
- Gooi jy tou op as struikelblokke oor jou pad kom?
- Sien jy mislukking as die einde van die pad?
- Evalueer jy ander mense volgens hul prestasies?
- Glo jy dat mislukking van jou ‘n gevangene maak van jou omstandighede?
- Glo jy dat jou eerste poging altyd suksesvol moet wees?
- As die lewe ‘n donker tonnel is, glo jy dat daar geen lig aan die einde is nie?
- Is jou geluk afhanklik van sukses?
- Sien jy terugslae en teenslae as fataal?
- Voel jy platgeslaan na mislukking?
- Fokus jy so op jou mislukkings, dat jy glo sukses is onmoontlik?
- Sukkel jy om ná mislukking die stukke op te tel en emosioneel aan te gaan?
As jou antwoorde op bognoemde vrae meestal “ja” is, word jy moontlik deur mislukking verlam. Heroorweeg die manier waarop jy dink. Probeer verby die bos kyk en sien die boom raak. Die lewe bestaan uit fases van op en af. Mislukking is deel van die proses om sukses te behaal. Probeer weer. Jy kan slaag. Glo in jouself. Net jy kan jou denke verander. Dis jou verantwoordelikheid. Gryp die geleentheid met albei hande aan!