Lente is mos tradisioneel skoonmaaktyd, maar dalk kort jou lewe nes jou huis ‘n vinnige regruk! Spring clean jou lewe met ons wenke
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Menswees
- Evalueer jou verhoudings. Is daar toksiese verhoudings in jou lewe? Wat kan jy doen om dit te verander?
- Fokus op vriendskappe wat jou gelukkig maak en wat gesond vir jou menswees is.
- Fokus ‘n bietjie op jouself ook en doen iets wat goed vir die gemoed is. Vat ‘n lekker warm bad, kyk ‘n bietjie na die TV-reekse wat jy wil kyk, lees ‘n boek wat jy nog altyd wou. Ek-tyd is noodsaaklik.
- Hersien jou daaglikse skedule. Wat kan jy verander om meer tyd vir sinvolle dinge te maak? Wat maak jou moeg en moedeloos en kan jy dit verander?
- Sê nee as jy nie vir iets kans sien nie. Moenie jouself met onnodige skuldgevoelens vermoei nie.
- Gee jou menswees ‘n hupstoot en leer nuwe vaardighede aan of kry ‘n nuwe stokperdjie.
Klik hier en laai ons skoonmaakkalender af
Tegnologie
- Maak jou foon skoon en jy sal klaar soos ‘n ander mens voel. Verwyder al die toeps wat jy nooit gebruik nie en stoor foto’s en dies meer.
- Kyk na jou inboks, is daar baie gemorspos van nuusbriewe waarvoor jy inteken? Kanselleer dit.
- Probeer om elke dag vir ‘n uur of wat tegnologievry te leef en werklik met jou mense te gesels.
- Kyk na jou vriende op sosiale media. Wil jy regtig almal volg en is dit nodig? Kan jy ook daar skoonmaak en regpluk?
Finansies
- Het jy ‘n begroting? Hersien dit en dateer dit op.
- Maak jou handsak skoon en bêre die strokies en dokumente wat jy moet.
- Kyk ook in jou beursie en vernietig onnodige lojaliteitskaarte wat jy nooit gebruik nie.
- Kry iets waarvoor jy kan spaar en werk na ‘n doelwit toe. Wil jy byvoorbeeld ‘n skuldlose Kersfees geniet? Nou is dit tyd om geld vir geskenke weg te sit.
Is lentetyd ook dieettyd? Lees meer hier
Gesondheid
- Hoe gesond is jy op ‘n skaal van een tot tien?
- Wat kan jy verander en hoe kan jy gesonder leef?
- Is jy aktief? En is daar ‘n oefening waarvoor jy tyd kan inruim? Doen dit dan.
- Stel vir jouself en jou mense ‘n gesonde eetplan op.
Omgewing
- Raak van alle ou dokumente by die huis en by die werk ontslae. Kyk hoe jy jou werksruimte en huis kan opkikker.
- Minder goeters in jou leefruimte gaan moontlik jou gemoed ook ligter laat voel. Gaan jy werklik weer tien jaar gelede se klere aantrek? Wat van ou DVD’s en CD’s waarna jy nie meer luister nie? Maak hopies vir weggooi en weggee.
Lees meer hier:
https://beautychaos.com/spring-clean-your-life-15-amazing-ways-to-refresh-your-environment-mind-body/
https://www.akindjourney.com/articles/21-ways-to-spring-clean-your-life
https://www.realbuzz.com/articles-interests/health/article/7-top-tips-to-spring-clean-your-life/