Dis inperking raak nou lank en dis vir baie ouers moeilik om kinders besig en gelukkig te hou. Ons het hierdie oulike idees vir ’n skattejag in en om die huis raakgeloop
Erfskattejag
Laat jou kinders die volgende lysie soek:
- 3 soorte blare
- Iets geel
- ‘n Gogga
- Twee takkies
- Iets wat lekker ruik
- Iets wat rond is
- Iets wat groei
- 3 klippies
- Iets wat bruin is
- Iets wat hulle nog nie in die tuin gesien het nie
Binnenshuis
Nou kan hulle die volgende items soek:
- Iets rooi
- ‘n Snesiehouer
- 2 dinge wat wiele het
- ‘n Oranje kryt
- Twee kouse wat pas
- ‘n Plakker
- ‘n Pleister
- ‘n Rekkie
- ‘n Koevert
- ‘n Bril
- Iets in hul kamer
Boeksoek
Laat hulle in die boekrak boeke die volgende soek:
- Vind ‘n boek met diere
- Vind ‘n boek wat jou laat lag
- Vind ‘n prentjie van ‘n karakter wat eet in ‘n boek
- Vind ‘n troeteldier in ‘n boek
- Vind ‘n kat in ‘n boek
- Vind ‘n superheld in ‘n boek
- Vind ‘n fiets in ‘n boek
- Vind ‘n prentjie van ‘n son in ‘n boek
- Vind ‘n boek wat jy nog nie gelees het nie
Wiskundepret vir kleintjies
- Vind 3 potlode en 1 blou kryt. Hoeveel is daar nou?
- Vind 5 Lego-blokkies en twee karretjies. Hoeveel goeters is daar nou? Vat nou drie blokkies weg en vra hoeveel is daar nou?
- Vind 4 kouse en twee broeke. Hoeveel items is daar?
- Kry 7 vrugte. Eet een. Hoeveel is daar nou? Vat drie weg: Hoeveel nou?
- Vind 3 bekers, 5 borde, 2 glase. Hoeveel goeters is daar nou?
Tekstuursoektog
Hierdie lys kan hulle vir ‘n rukkie besig hou:
- Vind iets wat jy kan draai
- Iets wat hobbelrig is
- Iets wat van metaal gemaak is
- Iets wat jy self kan bou
- 3 dinge wat rond is
- Iets wat blink
- Iets wat jy kan rol
- Vind ‘n buisie
- 3 dinge wat sag is
- Iets wat deursigtig is
- Iets wat kan bons
Reënboogpret
Soek:
- iets rooi
- geel
- oranje
- groen
- blou
- pers
- Noem ‘n vrug wat rooi is
- Noem ‘n dier wat geel is
- Noem groente wat oranje is
- Noem iets wat blou en buite is
Bron: Primary Playground
Zerelda is ons adjunkredakteur en werk al vir 13 jaar met woorde by Vrouekeur. Sy het joernalistiek studeer, skryf graag kortverhale en gedigte en droom van ’n digbundel én ’n roman – voor sy 80 word.