Hier’s ’n sewedagplan om goed vir jouself te wees! Geniet dit en leer van nuuts af om lief vir die mens in jou spieël te wees
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Sondag
- Maak gereed vir die week wat voorlê.
- Vra jouself af: Kan ek vandag die woede wat binne-in my is, laat gaan en vrede ervaar?
- Ontklotter een plek in jou huis vandag.
- Maak seker als is gereed vir die volgende dag sodat Maandag rustig kan begin.
- Neem ‘n lang, ontspannende bad voor jy gaan slaap.
Maandag
- Vra jouself af of jou lewe jou drome en ideale weerspieël? Is jy waar jy in die lewe wil wees? Wat kan jy verander?
- Laai vir jou ‘n kalmeringstoep af en luister na natuurgeluide.
- Vat ‘n blaaskans vir tien minute uit jou besige dag en doen net mooi niks.
Dinsdag
- Vra jouself af: Wat kort ek in my lewe? Meer lekker dinge, ‘n beter selfbeeld, liefde, empatie vir ander? Hoe sal jou lewe dan lyk?
- Skryf vandag neer wat jy van jouself hou.
- Maak ‘n gesonde maaltyd vir aandete.
Woensdag
- Kyk na jouself? Is jy goed vir jouself? Wat kan jy aan jou voorkoms doen om jou selfbeeld te verbeter? Kyk na jouself in die spieël en komplimenteer jou op jou positiewe punte. Masseer jou lyf ‘n bietjie, versorg jou vel en doen jou voete.
Donderdag
- Vandag is die eerlikheidsdag. Behandel jy jouself en ander mense goed? As jy argumente met ander mense gehad het, plaas jouself vandag in hul skoene. Hoe sou jy gereageer het?
- Sit stil vir drie minute en dink wat jy anders met verhoudings kan doen.
Vrydag
- Wat maak regtig saak in jou lewe en wat nie? Bekommer jy jou soms oor klein dingetjies? Laat van jou frustrasie gaan. Skree as jy alleen is, of skree in ‘n kussing in. Laat gaan dit wat jou pla vandag. Skink vir jouself iets lekkers om te drink na werk, kry iets om te eet en geniet dit! Sit musiek aan en ontspan.
Saterdag
Vra jouself af watter goeie dinge jy alles verdien? Gun jouself vandag iets wat jy lankal wou doen, al is dit soos om net laat te slaap. Gaan doen dalk ‘n Parkrun of gaan op ‘n lekker uitstappie. Kry ‘n gesigbehandeling of koop vir jouself iets moois.
BRON: www.simplystepping.com