’n Voedingskundige verduidelik hoe ons aptyt deur die jare verander
Deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Baie mense het ‘n gekompliseerde verhouding met kos, maar ons almal het een iets in gemeen, ons moet eet.
Alex Johnstone verbonde aan die Rowett-instituut aan die Universiteit van Aberdeen skryf op www.theconversation.com dat honger deel van aptyt is, maar dis beslis nie die enigste faktor wat dit beïnvloed nie. Ons eet dikwels al is ons nie honger nie of slaan ‘n maaltyd oor al is ons honger. Navorsing dui daarop dat omgewingsfaktore soos reuke, smake en bemarking van die groot oorsake van ooreet is. Daar is sewe stadiums van aptyt en as ‘n mens dit beter verstaan kan dit jou help om ongesonde eetpatrone hok te slaan.
Eerste dekade 0-10
Die liggaam groei vinnig in hierdie stadium. Dieetgedrag kan aangaan tot in volwasse stadium en ‘n oorgewig kind kan ‘n oorgewig volwassene word. Fiemies oor kos kan in hierdie stadium ‘n probleem wees, maar ‘n positiewe omgewing en ouers wat kinders aan verskeie kosse blootstel, kan kinders help om meer oor onbekende kosse en smake te leer. Kinders moet leer wat beheer beteken, veral in verhouding tot porsiegrootte. As kinders gedwing word om al hul kos op hul bord te eet, kan hulle hul later hul vermoë verleer om hul aptyt en honger te herken. Dit kan weer tot ooreet in latere jare lei.
LEES OOK: Laat jou kind minder suiker eet
Tweede dekade 10-20
In die tienerjare word ‘n groei in aptyt en statuur deur hormone gedryf wat puberteit en die ontwikkeling van kind na volwassene aandui. Hoe ‘n tiener op kos tydens die kritiese tyd reageer sal hul latere lewenstylkeuses beïnvloed. As tieners nie reg gelei word nie kan hulle ongesonde eetgedrag en kosvoorkeure ontwikkel.
Derde dekade 20-30
Lewenstylveranderings soos om universiteit toe te gaan, te trou, ouerskap of om saam met iemand te bly, kan mense se gewig laat skommel. Dis nou belangrik om te besef dat dit moeilik is om liggaamsvet af te skud as jy dit eers gekry het.
LEES OOK: Kos waarvan jou derm sal hou
Vierde dekade, 30-40
Die werkende lewe bring ander uitdagings mee en die effek van stres kan aptytveranderings tot gevolg hê. Selfs persoonlikheidseienskappe soos perfeksionisme kan stres en eetgewoontes beïnvloed.
Vyfde dekade, 40-50
Die mens sukkel om te verander en in hierdie tyd kan jou gesondheid vereis dat jy anders begin eet. Jy kry dalk cholesterol of ly aan hoë bloeddruk.
LEES OOK: Is kos jou kruk?
Sesde dekade, 50-60
Die verlies van spiermassa (omtrent 0,5-1% per jaar) ná die ouderdom van 50 begin. As jy nie in hierdie tyd oefen nie en nie genoeg proteïne inneem nie kan dit die spiermassa verder verminder. ‘n Gesonde dieet en fisiese aktiwiteit is nodig om die effek van ouderdom te verminder.
Sewende dekade 60-70+
Met die verhoogde lewensverwagting, is dit vandag ‘n groot uitdaging om ‘n gehaltelewe te bly lei. Noodsaaklike voeding is baie belangrik met ouderdom wat ‘n swakker aptyt tot gevolg het. ‘n Verminderde aptyt kan ook die gevolg van siekteS wees. ‘n Mens moet onthou dat kos nie net brandstof is nie, maar ‘n sosiale en kulturele ervaring en daarom moet ‘n mens jou kos geniet.
BRON: https://theconversation.com