Hoe praat ʼn mens op ouderdomstoepaslike manier met jou kinders oor seks? Die onderstaande wenke kan help:
Seksualiteit en die mens se liggaam is iets moois. Kinders moet van jongs af reg opgevoed word rondom die kwessies. Hoe praat ʼn mens op ouderdomstoepaslike manier met jou kinders oor seks? Die onderstaande wenke kan help:
Volgens Corey Silverberg, ʼn Amerikaanse seksopvoeder, is die volgende ouderdomstoepaslik:
Geboorte tot tweejarige ouderdom: Leer jou kind die gepaste name vir hul geslagsdele
Tweejarige tor vyfjarige ouderdom: Leer jou kind wat gepaste grense is en dat nuuskierigheid normaal is. As jou kind vra hoe babas ontstaan, kan jy sê op verskeie maniere, onder meer as twee grootmense saamkom deel hulle ʼn spermsel en ʼn eiersel en so ontstaan ʼn baba.
Sesjarige tot agtjarige ouderdom: Praat oor wat veilig is in digitale ruimtes, verduidelik pornografie, dat masturbasie normaal, maar privaat is en wat seksuele mishandeling is. Jy kan ook die detail van die seksdaad verduidelik en wat tydens puberteit gebeur.
Negejarige tot twaalfjarige ouderdom: Spreek seksisme en seksualisering aan.
Tieners: Praat oor geboortebeperking, gesonde verhoudings en goeie besluite.
Jy het een kans as ouer om dinge reg te doen. Hanteer dit met verantwoordelikheid.
Bron: www.todaysparent.com