Met Kersfees om die draai, beveel die opvoedkundige sielkundige, dr Marisa van Niekerk, aan dat jy ’n verskeidenheid speelgoed vir jou kind beskikbaar stel:
- Gekoopte speelgoed het ’n plek in die opwinding van speel, maar kartondose en houers motiveer jou kind om self iets te skep.
- Kombineer dus gekoopte speelgoed met alledaagse huishoudelike
- artikels soos klei en bottelproppies of die houers waarin drukkersink verkoop word.
- Skep geleentheid waar jou kind buite met sand en water kan speel. Voorsien leë blikkies en houertjies waarmee hy na hartelus kan meet, weeg en tel.
- Koop speelgoed wat jou kind “dwing” om te beweeg.
- LEES OOK: Mamma, jok jy oor Kersvader?
- Skep geleentheid om jou kind se fantasiewêreld te ontdek met ’n “klerekas” van grootmensklere, krale, handsakke, pruike, dasse, ensovoorts (en nie net van Superman, Elsa, ensovoorts, nie).
- Maak seker dat daar ’n kombinasie van speelgoed is, insluitend buitespeelgoed, aksiespeelgoed soos balle, speelgoed waardeur jou kind se denke en kreatiwiteit geprikkel sal word, speelgoed om jou kind se groot spiere sowel as sy fyn spiere te ontwikkel (groot en klein motoriese vaardighede), sowel as sy balans en koördinasie.
- Onthou ook van bordspeletjies waar getalbegrip, vroeë leesvaardigheid en wiskundige begrippe bevorder word.
- Moenie vergeet dat boeke ook in jou speelkas behoort te wees nie.