Om ná die lang Desember-vakansie terug te gaan skool toe is gewoonlik ‘n baie opwindend vir kinders. Hulle sien daarna uit om weer hul vriende te sien en ook om nuwe vriendskappe te maak.
Dit is ook die begin van ‘n nuwe akademiese jaar wat met nuwe verantwoordelikhede gepaard gaan. Terselfdertyd bied die jaar geleenthede om aan spansport deel te neem.
Commander HQ, die aanlynklub met lidmaatskap vir sporttoerusting en sportklere, het met Ryan Maron, die besturende direkteur en stigter van die krieketskool met die naam Cricket School of Excellence gesels om uit te vind watter voordele spansport vir jou kinders inhou.
- Kinders leer hoe om met kinders van verskillende agtergronde saam te werk om ‘n gemeenskaplike doelwit te behaal en ook hoe om met trots en nederigheid te wen of met waardigheid te verloor.
- Die sosiale aspek van spansport is baie groot en bied aan kinders die geleentheid om vriende te maak. Dit gee aan kinders ‘n gevoel van eiewaarde en betrokkenheid.
- Kinders verbind ‘n aktiewe leefstyl met pret, wat help om hulle fiks en gesond te hou. As iets pret is, is daar ‘n groter kans dat hulle daarmee sal volhou.
- Deelname aan spanport leer kinders hoe om die teleurstellling van verloor as ‘n groep te verwerk. Spanlede leer hoe belangrik dit is om spanmaats te ondersteun wanneer hulle nie goed presteer nie. Hulle leer ook hoe om uitdagings as ‘n span aan te pak. As hulle verloor, verloor hulle saam.
- Spaneenvormigheid speel ‘n belangrike rol in die samehorigheid van ‘n span. Die span word ‘n plek om aan te behoort en moedig betrokkenheid aan. Sportuniforms help om ‘n gevoel van trots aan te wakker. Sporttoerusting en sportklere is vandag baie duur, wat dit buite bereik van talle kinders plaas – veral vir gesinne met minder besteebare inkomste. Tog word uniforms sterk aanbeveel, selfs al is dit net wit hempies met swart kortbroeke.
Met die kinders wat terug is by die skool en nou vir die jaar se sportspanne gekies word, is dit die beste tyd om jou kind vir krieket of netbal in te skryf. Commander HQ bied sportklere en sporttoerusting teen afslagpryse vir lede, wat help om sport vir almal toeganklik te maak. Kry meer inligting oor die Cricket School of Excellence by www.cricketschool.co.za, of vind meer uit oor sportgoedere vir jou kind by www.commanderstore.com.
Wen met www.commanderstore.com
1 gelukkige leser kan’n geskenkbewys van R1000 PLUS gratis-lidmaatskap vir een maand wen & 1 leser kan ‘n geskenkbewys van R500 PLUS gratis-lidmaatskap vir een maand wen.
Al wat jy moet doen om in te skryf, is om die onderstaande vorm in te vul