Hier is ‘n resep vir die vinnigste en maklikste klei wat jy ooit sal maak!
Ons het hierdie fantastiese kleiresep op die internet gekry asook ‘n Suid-Afrikaanse weergawe op Facebook wat Annelize du Plessis – Speech, Languge and Hearing Therapist gedeel het. Ons deel dit net soos wat sy dit op haar Facebook-blad gedeel het:
” Vinnigste en maklikste klei:
Gebruik slegs Maizena en opknapper (conditioner)
-
Ek het ‘n hele boksie Maizena met ‘n driekwart bottel van Revlon se Aquamarine Peach / Apple-opknapper gemeng (dit is goedkoop en dit ruik dan heerlik na vrugte).
-
Knie dit saam vir 10minute en voeg ‘n bietjie kleursel by – as jy wil.
-
Dit hoef nie gekook te word nie – so maklik soos dit!
* Indien dit later droog word, voeg net nog ‘n paar druppels opknapper by.”
Click here for the English recipe by www.ourbestbites.com
Foto: https://www.facebook.com/AnnelizeSpeechTherapy/?ref=page_internal