Die dood van ? kind is waarskynlik een van die mees stresvolle gebeurtenisse wat met enige iemand kan gebeur.
Om te rou is normaal. Somtyds word die rouproses egter gekompliseer weens verskeie faktore. Beantwoord die onderstaande vraelys om vas te stel of jy vasgevang is in ? gekompliseerde rouproses:
- Ontstel herinneringe aan jou afgestorwe kind jou?
- Dink jy so baie aan jou kind dat dit moeilik is om jou daaglikse lewe voort te sit?
- Sukkel jy om die dood van jou kind te aanvaar?
- Verlang jy aanhoudend na jou kind?
- Fokus jy gedurig op dinge wat jy assosieer met die kind wat jy aan die dood afgestaan het?
- Worstel jy met voortdurende woede oor wat gebeur het?
- Kan jy steeds nie glo wat gebeur het nie en voel jy vasgevang in die skoktoestand?
- Sukkel jy om mense te vertrou?
- Hoor jy steeds jou kind se stem al is hy weg?
- Sien jy jou kind voor jou staan al is hy weg?
As jou antwoord op bg. vrae meestal “ja” is, sukkel jy moontlik met gekompliseerde rou. Oorweeg dringend om professionele hulp te kry.