Ouerskap het vele uitdagings. Oor die algemeen is die meeste mense in staat om hul pligte na te kom.
Ongelukkig is daar ook gevalle waar ouers kinders teleurstel. Lees gerus in dié week se Vrouekeur meer oor kinders met voete van klei. Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind of jy voete van klei het:
- Is jy onbewus van jou kinders se behoeftes?
- Is jy by die werk aan baie stres onderworpe?
- Bestee jy die meeste van jou tyd by die werk?
- Sukkel jy om tyd vir jou kinders in te ruim?
- Misbruik jy alkohol?
- Misbruik jy dwelms?
- Is daar struwelinge tussen jou en jou wederhelf oor die kinders?
- Is daar gebrekkige kommunikasie tussen jou en jou kind?
- Ontduik jy jou verantwoordelikheid met jou kinders?
- Verwerp jy jou kind?
- Kritiseer jy jou kind gedurig?
- Is jy ‘n emosioneel afwesige ouer?
- Stel jy onmoontlike eise aan jou kind?
As jou antwoorde op bogenoemde vrae meesal “ja” is, moet jy aan jou verhouding met jou kinders werk. Wees eerlik met jouself. Heroorweeg jou rol. Kry professionele hulp en praat met jou kinders! Luister na hulle en wees oop vir oortuiging.