Ouerskap is meestal ‘n vreugde. Tog is daar sommige ouer-kind-verhoudings wat problematies is. Sukkel jy om te bind met jou kind?
Lees gerus die week se uitgawe van Vrouekeur vir wenke om te bind met jou kind. Beantwoord die onderstaande vraelys om vas te stel of jou verhouding met jou kind tekort skiet.
1. Bespreek jou kind sonder voorbehoud probleme met jou?
2. Maak jy genoeg tyd vir jou kind en speel jy saam met jou kind?
3. Maak jou kind gereeld oop teenoor jou?
4. Aanvaar jy jou kind onvoorwaardelik en is daar wedersydse vertroue in julle verhouding?
5. Hou jy jou kind gereeld vas en deel jy drukkies en soentjies uit?
6. Bestee jy alleentyd saam met elke kind?
7. Neem jy spesiale uitstappies saam met jou kind?
8. Bemoedig jy jou kind as hy misluk?
9. Is jou houding met jou kind meestal vry van irritasies?
10. Voel jy positief teenoor jou kind en is julle verhouding redelik stresvry?
11. Het jou kind spesiale behoeftes wat jy effektief aanspreek?
12. Is jy vriende met jou kind en is jy beskikbaar vir jou kind?
13. Eet julle saam as gesin?
14. Is die kritiek wat jy aan jou kind uitdeel opbouend?
15. Lag jy dikwels saam met jou kind?
As jou antwoord op bogenoemde vrae meestal “ja” is, is jou verhouding met jou kind waarskynlik gesond. As jy nie positief kan antwoord nie, kan dit aanduidend wees dat daar aspekte is waaraan jy moet werk in jou verhouding met jou kind. Oorweeg dit om professionele hulp te kry as die kwessies onopgelos bly. Belê in jou verhouding met jou kind. Onthou jy het een kans om ‘n sukses van ouerskap te maak. Moenie uitstel nie. Maak vandag werk daarvan!