Dis die tyd van die jaar wat eksamens geskryf word. Hier is ‘n paar wenke om beter te onthou
- Verduidelik dit wat jy geleer het. As jy ‘n moeilike begrip moet leer, maak asof jy dit aan ‘n klas verduidelik. Doen dit hardop.
- Maak assosiasies. Dit laat jou dinge makliker onthou. Byvoorbeeld: ‘n Attributiewe byvoeglike naamwoord is as die byvoeglike naamwoord voor die selfstandige naamwoord staan. Mooi man. Attributief begin met ‘n a en is die eerste alfabetletter. Nou het jy die assosiasie van die a wat eerste kom en weet jy dis die byvoeglike naamwoord wat eerste kom.
- Maak diagramme. As mens iets neerskryf, onthou jy dit makliker en as jy prentjies teken gaan jou brein heel moontlik daardie prentjie in eksamentyd onthou.
- Kyk na ‘n dokumentêr of YouTube-video vir groter klarigheid oor die onderwerp. Google dit.
- Maak flitskaarte om sekere begrippe makliker te leer.
- Neem gereelde studiebreuke want jou brein kan net so lank konsentreer.
- Daar is sekere musiek wat jou beter help swot. Loer hier: https://www.goconqr.com/en/examtime/blog/music-for-studying/
- Werk ou vraestelle uit.
- Kry genoeg rus die aand voor die vraestel en eet ‘n gesonde ontbyt.
- Sorg dat jou werksruimte netjies is. As dit ongeorganiseerd is, gaan jy sukkel om te konsentreer.
- Gebruik die eerste letters van lang vrae se antwoorde om ‘n rympie te maak.
- Probeer om inligting te laat rym om dit makliker te onthou.
- Maak vir jou ‘n storie op om sekere feite te onthou.
- Gebruik die “Memory Palace”-metode. Hier’s hoe dit werk” Teken vir jou ‘n huis/paleis op jou papier en visualiseer hoe dit lyk en wat in die vertrek is. Verbind nou dinge in jou huis met feite wat jy moet onthou.
- Wees kreatief met jou opsommings. Maak dit mooi om dit beter te onthou.
- Skryf uit wat jy moet onthou en lees dit hardop vir jouself – oor en oor.
BRONNE:
https://www.goconqr.com/en/examtime/blog/study-hacks/
https://www.oxford-royale.co.uk/articles/memory-tricks-exam-success.html