Is daar iets wat jou terughou in die lewe? Hier is ‘n paar wenke om op te hou terugkyk en vorentoe te beweeg
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Dis dalk ‘n verhouding wat nie goed vir jou is nie, ‘n werk wat sieldodend is of jou eie dunk van jouself. Wat dit ook al is wat aan jou rem, daar is ‘n paar dinge wat jy moet agter los om die juk af te skud en volstoom vorentoe te beweeg.
Hou hierdie dinge jou terug?
1. Ander mense se mening beheer jou lewe
Jy moet doen wat goed vir jou en jou lewe is en nie vir almal anders nie.
2. Mislukkings in die verlede
Sekere dinge in die verlede het gebeur en ‘n mens kan niks daaraan verander nie. Al wat nou saak maak, is wat jy nou doen en wat jy vir die toekoms beplan.
3. Besluiteloosheid
Besluit wat jy regtig wil hé en werp dan alles in om dit te bereik.
4. Uitstel, uitstel, uitstel
Die beste tyd om iets te doen, is nou. Dit help nie om altyd vir more te wag nie.
5. Om net niks te doen nie
Elke dag is ‘n nuwe kans vir nuwe besluite. Besluit om jou projek of probleem te takel en op te hou wag vir ander mense om dit te doen.
6. Jy hol weg vir probleme
Maak ‘n lys van die uitdagings in jou lewe en takel dit. Gesels met iemand daaroor as jy twyfel en stel dan ‘n plan van aksie op.
7. Jy maak verskonings
Dis baie beter om besluite te maak as verskonings. Verskonings gaan niks aan jou toekoms verander nie.
8. Jy vergeet van die positiewe in jou lewe
Is jy so besig om terug te kyk of om op die negatiewe in jou lewe te fokus dat jy skoon vergeet van alles wat goed in jou lewe is? Kyk na dit wat goed is en fokus daarop.
9. Jy waardeer nie die huidige oomblik nie
Dis die klein dingetjies in die lewe wat van die wêreld ‘n fantastiese plek maak. Fokus op die nou.
BRON: Stephen Covey