Die samelewing het verander. Mense se gewoontes het verander. Al hoe meer mense vind hul vriende aanlyn. Tog hou dit ʼn gevaar in:Dit kan al jou tyd opvreet en jou selfs isoleer. Bestee jy te veel tyd op die internet? Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind:
- Vind jy dat jy langer aanlyn bly as wat jy beplan het?
- Verkies jy die opwinding van die internet bo die geselskap van vriende?
- Skep jy jou huishoudelike pligte af ter wille van die internet?
- Ly jou werk onder jou tyd wat jy op die internet deurbring?
- Kla jou naasbestaandes oor jou internetgewoontes?
- Is jy geheimsinnig oor jou aanlynaktiwiteite?
- Verloor jy jou humeur as iemand jou pla terwyl jy op die internet is?
- Draai jou gedagtes meestal om jou aanlynaktiwiteite?
- Meng die internet in met jou slaaproetine?
- Raak jy depressief as jy nie aanlyn gaan nie?
LEES OOK: Is tegnologie die ander vrou?
As jou antwoorde op bogenoemde vrae meestal “ja” is, het jy moontlik ʼn probleem. Probeer balans kry. Onthou daar is ʼn lewe buite die internet. Skakel in by ʼn klub of sluit aan by ʼn stapgroep. Vat die kans en kyk hoe verbeter jou lewe. Kry professionele hulp as jy sukkel.
Bron: www.psychcentral.com