As ouers is dit heerlik om ’n glimlag op kinders se gesigte te sien. Maar is daar ’n geheim vir blywende geluk?
Saamgestel deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Elizabeth Pantley, skrywer van die boek The No-Cry Discipline Situation sê daar is tien goue wenke wat kinders gelukkig kan hou.
- Luister as hulle met jou praat.
- Laat hulle hul gevoelens uitdruk en bevestig dit.
- Komplimenteer jou kinders op hul sterk punte.
- Vermy te veel skermtyd.
- Leer hulle om aandag aan ander mense se gevoelens te gee.
- Moedig hul vriendskappe met gawe kinders aan.
- Gun hulle daagliks ‘n “niksdoentyd” net vir hulself.
- Eet as ‘n gesin saam – al is dit slegs een ete per dag.
- Wys dat jy gelukkig is.
- Vertel jou kinders gereeld hoe lief jy vir hulle is.
BRON: www.elizabethpantley.com