Kinders is net mense en nes ons kry hulle seer en is dit belangrik vir hulle om erken en geliefd te voel. Hier is ’n paar dinge wat hulle by hul ouers wil hoor
Deur ZERELDA ESTERHUIZEN
- Ek is lief vir jou en aan hierdie liefde moet jy nooit twyfel nie.
- Ek is trots op jou en niks sal dit ooit verander nie.
- Ek was verkeerd, jammer.
- Ek vergewe jou.
- Ek luister na jou.
- Hierdie is jou verantwoordelikheid.
- Jy kan dit doen!
- Moenie moed opgee nie.
- Ons sal hierdie probleme saam hanteer.
- Jy maak my so gelukkig!