Die spreekwoord lui: “jy is wat jy eet”. Nie net is avokado’s goed vir jou liggaam nie, maar dit hou ook skoonheidsvoordele in. Die South African Avocado Growers’ Association (SAAGA) sê hoe…
Wat van ʼn gesigmasker? Avo’s is ʼn bekostigbare manier om jou eie facial tuis mee te maak. Die natuurlike olies is uitstekend vir die algemene gesondheid van jou vel. Avo’s is ryk aan mono-onversadigde vette en noodsaaklike voedingstowwe soos magnesium, foliensuur en vitamien C. Avo’s kan jou porieë stywer trek en jou vel bevogtig.
Paula Begoun van Paula’s Choice is die topverkoper-skrywer van 20 boeke oor velsorg en grimering. Sy noem avokado-olie as ʼn goeie bron van vetsure en antioksidante wat jou vel kan herstel.
Avokado’s is ook goed vir jou hare! Vitamien B en E is uitstekend vir ‘n goeie, gesonde haartoestand. As jou hare vaal en leweloos is, probeer ‘n haarmasker gemaak van avokado’s. Masseer saans ‘n bietjie avokado-olie aan jou kopvel. Dit sal die glans terug in jou hare sit.
-
NRV: Nutrient Reference values, (from Regulations and guidelines as published in R.146 of 1 March 2010 (Regulations relating to the labelling and advertising of foodstuffs published under the Foodstuffs, Cosmetics and Disinfectants Act, 1972 (Act 54 of 1972).
-
Paula’s Choice Ingredient Directory. http://www.paulaschoice.com.au/cosmetic-ingredient-dictionary/definition/antioxidants/avocado-oil