Die feestyd bring groot etes en groot uitgawes. Hier is paar wenke om dit gesonder te geniet
Saamgestel deur Zerelda Esterhuizen
- Probeer om aktief te bly. Swem en gaan stap lang ente.
- Toets gesonde resepte. Onthou, gesond kan ook lekker wees.
- Begroot en spandeer jou geld wys. Januarie is ‘n lang maand.
- Hou geskenke eenvoudig. ‘n Mens is geneig om oorboord te gaan. Maak ‘n lysie en probeer om daarby te bly.
- Fokus op jou geliefdes. Te dikwels werk ‘n mens jou dood oor hierdie tyd en bring nie genoeg tyd saam met die mense deur vir wie jy omgee nie.
- Delegeer jou takies en vra om hulp as jy dit nodig het.
- Bly georganiseerd deur lysies te maak van benodigdhede, geskenke en takies.
- Dink voor jy eet. As jy nie al die lekkernye kan weerstaan nie, probeer om kleiner porsies te geniet sodat jy nie te skuldig voel nie.
- Die feestyd gaan oor spesiale tradisies. Begin ‘n nuwe tradisie saam met jou gesin soos om dalk na Kersliggies in die buurt te gaan kyk of iets spesiaals saam te maak.
- Probeer om positief te bly en onthou wat hierdie tyd vir jou lekker maak.
- Rus genoeg. As ‘n mens weer sien, is die nuwe jaar op ons. Dis nou die tyd vir jou batterye om te herlaai.
- Doen iets lekkers vir jouself en bederf jouself ook.
- Wees realisties oor jou verwagtinge. Foute gebeur. Konsentreer eerder op die belangriker goed as om jou oor kleinighede te kwel.